George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Opvolg: Buurman raadop oor hoenders
04:00 (GMT+2), Thu, 23 August 2012
Opvolg: Buurman raadop oor hoenders
Die kapokkies wat die oorsaak is van 'n moontlike hofsaak.
GEORGE NUUS - Die gekraai van die kapokhaantjies van 'n inwoner van Merrimanstraat het haar buurman, Johan McCarthy "radeloos van frustrasie".

McCarthy sê die hane meng in met sy en sy vrou Johlean se slaap. Hulle het onlangs uit die buiteland teruggekeer en woon tans by sy ma, Alida.

Hoewel hy al sedert 1999 by geleentheid by die munisipaliteit oor die beweerde rusverstoring gekla het, moes hy met sy terugkeer uitvind dat die situasie nie verander het nie. "Die hane begin al drieuur soggens te kraai. My vrou is 'n depressielyer en slaap baie moeilik. Ons het intussen uit ons slaapkamer na 'n ander vertrek getrek om verder van die geraas af te wees. In die somer moet 'n mens met jou vensters toe slaap, wat uiters ongemaklik is," sê hy.

Die saak kan nou in die hof draai. McCarthy sê hy het in November verlede jaar 'n klag van rusverstoring by die polisie gelê en die saak is intussen na 'n aanklaer verwys. "Daar het egter tot nog toe niks gebeur nie."

Volgens Johan van Schalkwyk, die George-munisipaliteit se regsadviseur, moet mense wat hoenders wil aanhou, vooraf toestemming van die munisipaliteit verkry. 'n Amptelike aansoekvorm vergesel van 'n plan van die betrokke perseel moet ingedien word. Minimum standaarde word onder meer vir die hokke waarin pluimvee aangehou word, voorgeskryf. Die persoon oor wie hier gekla word, het na bewering nie die vereiste toestemming nie.

Van Schalkwyk sê die bywette bevat ook 'n afdeling oor publieke rusverstoring ingevolge waarvan die klaer self 'n klag by die polisie moet gaan lê. Dit is waarop McCarthy hom ook in hierdie geval beroep.

"Ons wetstoepassingsafdeling doen tans hul bes om die saak op te volg en neem verklarings af in verband met die saak. Die munisipaliteit gee die onderneming om te doen wat ons kan om die probleem opgelos te kry."

Die buurvrou wat onder skoot is, is Hester Greeff. Die hoenders is haar seun Henk s'n. Hy het aan die George Herald gesê dat dit net McCarthy is wat kla. Al hul ander bure het nie 'n probleem met die hoenders nie. "Moet almal nou een onplesierige ou tevrede hou? Die munisipaliteit het die geraas kom meet en dit was nie buite perke nie. Hier is verskeie mense in ons omgewing wat varkies, eende, hoenders en eksotiese voëls aanhou. As ek moet ontslae raak van my haantjies, moet dit geld vir al die ander mense in die omgewing ook."

Leila Schoeman, die Greeffs se bure aan die anderkant, sê op Facebook dat haar slaapkamervenster reg langs die hoenderhok is, maar dat die hoenders glad nie raas nie.

ARTIKEL EN FOTO: ALIDA DE BEER, GEORGE HERALD-JOERNALIS
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 54 year old man looking to meet women between the ages of 32 and 45.
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 19 and 57.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms