|
|
Ma sukkel om dogter se dood te aanvaar
05:00 (GMT+2), Thu, 23 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Daar is steeds 'n beloning vir inligting omtrent die dood van Leslie van Zyl 12 jaar gelede op 28 Augustus. Elke jaar vra haar moeder Christine Brockbanks mense met leidrade om na vore te kom.
|
GEORGE NUUS - Die ma van die vermoorde Leslie van Zyl, 'n verteenwoordiger by 'n versekeringsmaatskappy wag nog steeds dat die skuldige aan die pen moet ry.
Na al die jare is dit vir Christine Brockbanks steeds moeilik om die geweldadige dood van haar dogter te aanvaar.
Twaalf jaar gelede op 28 Augustus is sy dood in 'n hotelkamer by die Protea Hotel King George aangetref. Die gebeure van die noodlottige dag is nog vars in haar geheue.
"Dit was 02:30 toe ons 'n oproep van die polisie ontvang het om ons in kennis te stel dat ons pragtige dogter doodgesteek en verwurg is. Vier jaar gelede is haar man Paul aan 'n hartaanval oorlede - nadat hy nooit oor die dood van sy lieflingdogter kon kom nie.
"Ons wil nog steeds weet wie was in haar kamer, en vir watter rede. Ons glo wel dat sy die persoon geken het, want sy was uiters versigtig en sou nie sommer die deur vir vreemdelinge oopgemaak het nie.
Indien daar enigiemand is wat inligting het oor die moord doen ons 'n beroep om ons direk te kontak by 021 785 3898 of 082 675 1592. Indien u iets gehoor het - sal ons bly wees vir enige leidrade. Daar is 'n beloning vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname van die moordenaar."
*The Leslie van Zyl murder - twelve years after the murder of her beloved daughter, Christine Brockbanks is still appealing to the public to come forward with information that will lead to the arrest of her murderer. She has posted a substantial reward and can be reached on 021 785 3898 or 082 675 1592.
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 49 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 45.
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 42.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 55.
|
|
|
|
|
|
|