|
|
Markdag in Pacaltsdorp
15:16 (GMT+2), Tue, 21 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Jou eie vars groente kan 'n ekstra paar rand verdien by Markdag.
|
GEORGE NUUS - Die Leraarsforum in Pacaltsdorp bied op 1 September hul eerste markdag aan, een van die vele geleenthede op hulle aktiwiteitsprogram wat onlangs in die George Herald bekend gemaak is.
Die program is daarop gemik om lewe te blaas in die amfiteater-venue wat al vir lank onbenut staan en terselfdertyd vir Pacaltsdorpers die geleentheid te skep om as gemeenskap bymekaar te kom en 'n gees van samehorigheid te bevorder.
"Die dag is 'n geleentheid wat geskep word waar goedere gekoop en verkoop kan word. Die mikpunt is nie om buitensporige wins te maak nie, maar meer om gemeenskapsontwikkeling aan te wakker. Dit is meer 'n inisiatief waar mense 'n paar rand uit hul stokperdjie kan maak," sê pastoor William Louw, 'n lid van die Leraarsforum.
Die gemeenskap word uitgenooi om hul selfgemaakte en ander produkte te bring en te verkoop - gebak, konfyt, gemmerbier, wegneemetes, groente, naaldwerk en houtwerk of enige ander handwerk. Kwaliteit tweedehandse goedere soos ongebruikte gereedskap kan ook verkoop word. Die mark open om 08:00 en sluit af om 16:00.
Skakel pastoor Peter Juter by 076 454 1686 om 'n stalletjie voor of op Vrydag 24 Augustus te bespreek. Meer inligting is beskikbaar by pastoor Louw by 074 955 4489.
Jou eie vars groente kan 'n ekstra paar rand verdien by Markdag.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 45.
I'm a 58 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 55.
I'm a 32 year old woman looking to meet men between the ages of 27 and 40.
I'm a 35 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 55.
|
|
|
|
|
|
|