George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
ANC massa-optog in George uitgestel
14:02 (GMT+2), Tue, 21 August 2012
GEORGE NUUSFLITS - Die massa ANC-optog wat môre in George sou plaasvind, is gekanselleer.

Na verwagting sou ongeveer 10 000 mense aan dié optog deelgeneem het.

Die voorsitter van die ANC in die George-streek, Piet van der Hoven het gister tydens 'n perskonferensie gesê dat die optog eers op ys is.

Volgens Van der Hoven is die aansoek om die optog, wat in Thembalethu sou begin, in beginsel deur die munisipaliteit goedgekeur.

"Die organiseerders wou 'n memorandum by die George-munisipaliteit aan die burgemeester, Charles Standers oorhandig om hul misnoë oor swak dienslewering uit te spreek," verduidelik Van der Hoven. "Die munisipaliteit het die optog goedgekeur maar gesê die memorandum kan voor Standerd Bank of George Uniforms in Yorkstraat oorhandig word aangesien die Rongaande Hooggeregshof in sitting is by die munisipaliteit."

Die Grondwet bepaal dat geen optog of protesvertoning binne 'n radius van 100 meter van 'n hofsitting mag plaasvind nie.

Van der Hoven sê die organiseerders verstaan die rede dat dit nie nou voor die munisipaliteit mag plaasvind nie en het namens die organiseerders gesê daar sal nou aansoek gedoen word om die optog iewers in September te hou.

"Die ANC gaan nie besighede wat niks met die ANC se kommer oor swak dienslewering te doen het ontwrig nie. Om hierdie rede sal die optog uitgestel word."

Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
Vroue wil stap teen misdaad
Family on the street
Northern Cape to swear in new premier
Traditional checks on agents no longer valid
Opvolg: DA wen tussenverkiesing
20 killed in 2 simultaneous car bombs in Niger
Chechen killed by FBI in Boston probe 'not violent': Father
Marikana mob justice case postponed
Mans gevonnis vir versperring van pad
Stockholm youth riots spread to Southern suburbs
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 60.
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms