George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Bekende professor in George
12:00 (GMT+2), Fri, 17 August 2012
Bekende professor in George
Professor Jonathan Jansen
GEORGE NUUS - Professor Jonathan Jansen, rektor van die UOVS, is op 22 September die spreker by 'n dinee by Fancourt waar hy gaan praat oor die onderwerp, 'Is daar hoop vir die opvoeding van ons kinders in Suid-Afrika?'

Die funksie is 'n fondsinsamelingsgeleentheid aangebied deur die reëlingskomitee wat groot feesvieringe beplan om Pacaltsdorp se 200-jarige bestaan te herdenk. Die Hoogekraal-nedersetting is in 1813 tot stand gebring as 'n sendingstasie van die Londense Sendinggenootskap. In 1818 is die naam na Pacaltsdorp verander om eerwaarde Carl Pacalt, die eerste sendeling wat hier gedien het, te vereer.

Volgens die feeskomiteevoorsitter, dr. Aubrey Douglas gaan die feesprogram in April volgende jaar afskop en gaan daar oor 'n hele jaar fees gevier word tot einde Maart 2014.

'n Tydkapsule met hedendaagse foto's en artikels gaan ook begrawe word met die oog op die dorp se 300-jarige vieringe.

"Pacaltsdorp het 'n ryk verlede en daar is soveel stories wat ons nie wil hê moet verlore gaan nie. Daarom gaan ons 'n feesjoernaal uitbring waarin alles opgeteken sal word," sê Douglas.

Die komitee het ook met die idee vorendag gekom om 'n gedenkmuur by die Boom van Herinnering in Missionstraat op te rig waarop Pacaltsdorpers wat besonders presteer het, se name verewig sal word. Douglas sê die idee is om rondom die muur 'n park van herinnering te vestig.

"Daar is oor die eerste 100 jaar net erkenning gegee aan die sendelinge van Pacaltsdorp, maar die dorp het so verander in die tweede eeu van sy bestaan. Toe ek in 1953 hier aangekom het, was hier net vyf motors en een kerkskool met 400 leerders. Ons het vandag drie groot primêre skole met meer as 1 000 leerders elk, en 'n groot sekondêre skool. Soveel mense het oor die afgelope 100 jaar op verskeie gebiede diep spore in die samelewing getrap, hetsy in opvoeding, op plaaslike regeringsgebied of op sportgebied. Ons wil aan hulle ook erkenning gee."

Douglas vertel hoe die ouer generasie van destyds, wat baie keer net st. 6 gehad het weens hul omstandighede, gepoog het om hulle kinders 'n beter opvoeding te gee. Pacaltsdorp het gevolglik professionele mense soos ingenieurs, dokters, tandartse en aptekers opgelewer.

Die Pacaltsdorpse kunstenaar Kevin van Niekerk is besig om 'n skaalmodel van die gedenkmuur te bou wat deel sal vorm van planne wat die komitee aan die munisipaliteit wil voorlê.

Kaartjies
Kaartjies vir die dinee kos R300 en is beskikbaar by enige van die volgende persone: Dr. Douglas 044 878 2004 / 082 773 3536, Andy Lamont 044 878 2108 / 073 084 8671/, Toni van Wyk 044 878 2235 / 081 418 7247 of Solly Rode 073 186 8007.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
Highway bridge collapses in North-Western US
KZN child rapist sentenced
Nissan wants to double sales in Africa
Toonaangewende leiers binnekort bekroon
5 climbers missing on world's third highest mountain
Missing Midrand student found dead
Tornado-hit US city mourns and rebuilds
New York man held for ransom, tortured for a month
US Boy Scouts to allow gay youths, not leaders
Daveyton cops back in court
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 36 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 24 and 39.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms