|
|
|
|
Maak seker jy mis nie al die opwinding by die Outeniqua-landbouskou wat tans in George plaasvind nie
|
GEORGE NUUS - Maak seker jy mis nie al die opwinding by die Outeniqua-landbouskou wat tans in George plaasvind nie.
Daar is heerlike kos, ‘n groot verskeidenheid uitstallings, proestalletjies, kompetisies, ‘n kunsmark en demonstrasies. Daar sal rusplek wees in die vermaaktent, restaurant en teetuin, waar ‘n mens ook jou honger en dors kan stil.
Die omgewing se voorste boere gaan hulle spogdiere in die landbou-afdeling kom vertoon en teen mekaar meeding. Al die aksie vind plaas op die skouterrein op die lughawepad net buite George.
Toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders.
Besoek www.georgelandbouskou.com vir meer inligting.
Die skou loop môre ten einde.
|