George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Polisie kan nie langer voete sleep met landelike veiligheid nie
11:30 (GMT+2), Thu, 16 August 2012
LANDBOU NUUS - “Die afgelope week se moord op Ronel Van Eyck van Hartebeesfontein in die Noordwes provinsie en Owen Charles van Jansenville in die Oos-Kaap het weer die kollig geplaas op die kwesbaarheid van landelike gemeenskappe vir lafhartige misdadigers.

"Hierdie moorde wys op die noodsaak vir die dringende implementering van die Landelike Beveiligingstrategie asook die vrystelling van die Reservistebeleid vir implementering. Die polisie kan nie langer voete sleep met die inwerkingstelling van die Strategie en die aanwending van reserviste vir landelike beveiliging,” sê Johannes Möller, president van Agri SA.

Die moord op mevrou Van Eyck is veral tragies, aangesien dit plaasgevind het in hierdie maand waar die aandag gevestig word op vroue en die respek wat diegene verdien. n Beroep word op die Polisie gedoen om alles in die stryd te werp om die skuldiges in die Van Eyck moord aan te keer en voor die hof te bring. Terselfdertyd moet die polisie in die Oos-Kaap geloof word vir hulle optrede om van die verdagtes in die Owen moord aan te keer.

Agri SA het reeds by herhaling ‘n dringende beroep op die Minister van Polisie gedoen om toe te sien dat die Landelike Beveiligingstrategie met die gepaardgaande strukture spoedig in die landelike gebied inwerking gestel word.

“Die Strategie moet veral gesien word teen die agtergrond van die regering se prioritisering van landelike misdaad en die noodsaak om die gebiede veiliger te maak ook met die oog op volgehoue landbouproduksie en Landelike Ontwikkeling. Die spoedige vrystelling en inwerkingstelling van die Reservistebeleid ter ondersteuning van die Landelike Beveiligingstrategie is ‘n onontbeerlike aanvulling in hierdie verband. Ons verwag dat die Minister spoedig sal reageer op ons tersaaklike versoeke en indien nie sal Agri SA hierdie aangeleentheid met die Portefeuljekomitee van Polisie bespreek," sê Möller.

“Landelike Veiligheid bly een van Agri SA se prioriteite, die organisasie bied voortgeset sy samewerking met die polisie op verskeie vlakke aan. Deur die Agri Securitas Trustfonds is Agri SA ook in die praktyk besig om boerderygemeenskappe in staat te stel om hulle eie veiligheid te verbeter in samewerking met die plaaslike polisie. Verskeie projekte is reeds landswyd gefinansier en volgens die terugvoer wat vanaf grondvlak ontvang word maak die Trustfonds se bydraes ‘n verskil aan gemeenskappe se veiligheid.

“Ons betoon graag ons simpatie en medelye met die naasbestaandes van die onlangse slagoffers van hierdie misdaadkanker in ons samelewing. Ons wil hulle egter ook verseker dat Agri SA by herhaling en waar moontlik meer intens alle aksies gerig op die landelike bevolking sal volhou, ook ter nagedagtenis van hulle wat die hoogste tol betaal het”, sê Möller.

Uitgereik deur Agri SA.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
SACAU elects new board of directors
Vertonings van 'Klaas se Plaas'
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Bursaries available for vets
State's role in Western Cape labour unrest needs further clarificaiton
Landbou-kompetisie vir vroue
Veiling 'n eerste vir George
Archive
Latest News
Voting kicks of with special votes
Man hangs dogs from tree
Ford's eWheelDrive has designs on the urban car of the future
Moore tornado a rarity: Experts
SARS-like victim dies in Tunisia
Northwest miners wounded
Carl Pistorius elated about acquittal
11 rhinos poached in KZN
Malawi sells president's jet
Opvolg: Waterval-rowers gearresteer
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 60 year old man looking to meet women between the ages of 38 and 54.
I'm a 28 year old man looking to meet women between the ages of 21 and 38.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms