|
|
SWD Arende vlieg hoër as Valke
11:00 (GMT+2), Thu, 16 August 2012
|
|
|
SUID-KAAP NUUS - Die SWD Arende het met hul oorwinning oor die Valke bewys dat hulle hoër vlieg in die Absa Curriebeker-liga as die Valke.
Die Arende het verlede Saterdag met 47-22 geseëvier op 'n klipharde Barnard Stadion in Kempton Park. teen rustyd het die Arende 25-8 voorgeloop. Hierdie trotse oorwinning is die tweede in 'n ry en volg na hulle die vorige week met 20-13 die Griffons verslaan het. Dit is ook soete wraak na die Valke in September 2011 die Arende met 53-45 geklop het.
Die Arende het goed begin en hul selfvertroue is 'n hupstoot gegee toe die heelagter, Elric van Vuuren in die derde minuut 'n strafskop deur die pale gejaag het en hulle met 3-0 laat voorloop het. Die SWD-spelers het die tuisspan daarna aanhou voor aanvat, maar die Valke kon daaraan slaag om 'n strafskop af te dwing. Karlo Aspeling het sake 3 elk gelykop gemaak en dit het gelyk of die stryd aan is.
Aspeling se drie punte het die Arende egter nie afgesit nie en goeie balhantering tussen Johan Herbst (skrumskakel) en Stokkies Hannekom (senter) vir 'n verdoelde drie gesorg vir die Arende. Kort daarna het Micheal Vermaak (agsteman) en Van Vuuren die lyn oopgemaak en Van Vuuren het gaan druk.
Hanekom het gewys waarom hy as speler van die wedstryd aangewys moes word en het kort voor rustyd weer gaan druk, terwyl Van Vuuren se skopskoen vir niks verkeerd gestaan het nie en hy die drie verdoel het om die rustydtelling op 25-8 te staan te bring na Hendrik Meyer van die valke 'n onverdoelde drie gaan druk het.
Na rustyd het die Valke met meer woema afgeskop, maar die Valke het die druk goed hanteer. Vroeg in die tweede helfte het beide spanne begin om hul reserwes op te bring. Vir die Arende het die vars asems tot voordeel gestrek en 'n vierde drie besorg om die telling op 32-8 te staan te bring. Die Valke het egter teruggeveg en vir benoude oomblikke gesorg toe hulle die telbord eers na 32-15 en toe 32-22 laat verander het. Die Arende het hul tweede asem gekry en verbete geveg om 'n oorwinning.
'n Strafskop, onverdoelde en verdoelde drie was hul beloning en hulle het die wedstryd met 47-22 in die argiefboeke laat aanteken as 'n Arende-sukses.
Puntemakers
Valke:
Drieë: Hendrik Meyer, Hannes Ludik, Juan Kotze
Doelskoppe: Juan Kotze (2)
Strafskop: Karlo Aspeling
SWD Arende
Drieë: Johan Herbst, Elric van Vuuren, Nico Hanekom (2), Alshaun Bock, Dumisane Meslane
Doelskoppe: Elric van Vuuren (4)
Strafskoppe: Elric van Vuuren (3)
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Rugby
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 31 and 41.
I'm a 54 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 50.
I'm a 29 year old woman looking to meet men between the ages of 28 and 35.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 18 and 100.
|
|
|
|
|
|
|