|
|
Kollig op Mariaan Mans
07:00 (GMT+2), Thu, 16 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Mariaan Mans
|
SUID-KAAP NUUS- Solidariteit Helpende Hand het meer as 100 takke landswyd en om kop te hou met die organisering van al die takke se projekte en vrywilligers, verg 'n bekwame streekorganiseerder in elk van die tien streke.
Mariaan Mans, 'n Vrystaatse boeremeisie wat op 'n plaas naby Brandfort gebore en getoë is, is die streekorganiseerder in die Suid-Kaap.
Vertel ons van jouself.
In 1995 het ons van De Aar in die Noord-Kaap na Oudtshoorn verhuis en is nou al 17 jaar hier. Ek is getroud met Chris en ons het 'n seun en 'n dogter. Ons het ook 'n driejarige kleinseun. Ek was jare lank verbonde aan Standard Bank. Tussendeur was ek ook by Saambou en my laaste betrekking voor Helpende Hand was by 'n plaaslike motorhandelaar.
Hoekom het jy by Helpende Hand betrokke geraak?
Ons betrokkenheid by Helpende Hand het gespruit uit dankbaarheid ná 'n baie traumatiese gebeurtenis in ons lewens. n Passie is gebore en nou moet ek die baba grootkry! My ma was baie betrokke by armoedeverligting en ek het grootgeword met die gedagte dat jy mense in nood moet help.
Watter projek het tot dusver vir jou uitgestaan?
Die daarstelling van 'n studiesentrum waar kinders ná skool ekstra wiskunde- en taalklasse ontvang. By Helpende Hand glo ons die stryd teen armoede is 'n stryd vir goeie opleiding. Opheffing deur opleiding is ons antwoord. Om te sien hoe jy werklik 'n verskil in mense se lewens maak. it breek my hart om te sien dat party mense nie uit hul omstandighede wil ontsnap nie. Mens voel magteloos as ouers wat nie vir hulle kind 'n toekoms kan bied nie, nie wil toelaat dat die kind 'n geleentheid in die lewe kry nie.
Hoeveel takke is onder jou?
Sewe gevestigde takke en vyf wat aansoek gedoen het om 'n tak te stig. Ons hoop om binne die volgende ses maande nog drie takke te stig.
Met watter ander organisasies werk Helpende Hand saam in die streek?
Die ACVV, Badisa, Kinder- en Gesinsorg, die CMR, diensorganisasies soos die Lions en die Vryburgers, die ATKV, VLV en dan natuurlik al die verskillende kerke.
Watter raad kan jy vir iemand gee wat graag in die gemeenskap betrokke wil raak?
Raak betrokke en moenie apaties teenoor jou gemeenskap staan nie, want elkeen het 'n verantwoordelikheid om 'n verskil in sy eie gemeenskap te maak. Mense kan my kontak om meer uit te vind oor ons verskeie projekte soos Borg 'n Kind, die Kosblikkieprojek en ons beroepsvoorligtingprogram.
Kontak Mariaan by 072 228 0177.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Lifestyle
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 30 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 40.
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 42.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 55.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 44 and 54.
|
|
|
|
|
|
|