George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Spogkonsert by skool gee groot plesier
06:00 (GMT+2), Thu, 16 August 2012
Spogkonsert by skool gee groot plesier
Jan-Eric Swart (Suid-Kaap Kinderkoor), Christa Janse van Rensburg (PW Botha OOV), Emile Minnie en Willie van Heerden (PW Botha OOV) by die skool se glansaand waar Minnie en die Suid-Kaap Kinderkoor opgetree het.
GEORGE NUUS - PW Botha Kollege het op 3 Augustus 'n spoggeleentheid in hulle skoolsaal aangebied: Emile Minnie in konsert met die Suid-Kaap Kinderkoor onder leiding van Jan-Erik Swart.

Emile, met sy kenmerkende energie en styl het die gehoor laat skater. Omdat Emile saam met musiek ook Frans studeer het, was dit heel toepaslik dat sy openingsliedjie La vie en rose was. Die Suid-Kaap Kinderkoor het die gehoor se tone laat krul van plesier en geen wonder nie - hulle het verlede jaar 'n Europese toer onderneem waartydens hulle verskeie konserte aangebied het.

Twee hoogtepunte was hulle konsert in die manjifieke 1 300 jaar oue Aachan Katedraal. Hulle was die eerste internasionale koor wat opgetree het in dié Katedraal, na restourasiewerk wat 25 jaar geduur het. In Antwerpen het hulle saam met Dana Winner opgetree. Al die liedjies, wat hulle tydens hulle toer gesing het, is opgeneem in hulle nuwe cd, Nkosi Sipea.

Emile skryf Afrikaanse liedjies wat kook en sing hulle met gees. Hy toonset ook sy eie musiek. Selfs Die Stem het 'n nuwe baadjie gekry met Emile se vars verwerkings. Hy het ook saam met die Suid-Kaap Kinderkoor opgetree en twee liedjies saam met sy suster, Natasja gesing. Sy nuutste cd, Anderkant die ewigheid, is te koop aangebied.

Hierdie funksie was die inisiatief van die Ouer Onderwyser Vereniging van PW Botha Kollege om fondse vir die skool te genereer. Die skool wil graag al die borge en die OOV bedank vir hulle harde werk, al die beplanning en ure wat ingesit is om van hierdie 'n uiters genotvolle aand te maak.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Entertainment News
Carpe Diem plans glittering fundraiser
Vrouedag propvol verrassings
Propvol Calitzdorp Port en Wynfees-program
VonWest vanaand by die Barnyard
Local chef in national top three
Wyn en vermaak by Calitzdorp Wynkelder
Baroque and roll
Update: Yorkie makes 5FM airways
'Anything you can do I can do better'
A feast of dance
Archive
Men
Women
Search
I'm a 67 year old man looking to meet women between the ages of 55 and 69.
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 42.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms