George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Plaaslike Werkerslied opgeneem tydens glansgeleentheid
07:00 (GMT+2), Thu, 16 August 2012
Plaaslike Werkerslied opgeneem tydens glansgeleentheid
'n Plaaskoor se eerste optrede met Arbeidsbediening se pasgebore Werkerslied in die NG Kerk George-Suid. Greta Benadé dirigeer die koor en Innes Benadé en Lida de Villiers sing uit volle bors saam met die koor. Riana Crafford (2de van links) van die plaasbedieningsbeen van Arbeidsbediening, het die talentvolle koor saamgestel.
GEORGE NUUS - As gevolg van die groot belangstelling in Arbeidsbediening se Prestige Gala-geleentheid vir 2012 waartydens Justus Tsungu as spreker gaan optree, is die kaartjies feitlik almal uitverkoop.

Tydens die glansgeleentheid gaan die Werkerslied, wat sopas in George die lig gesien het, amptelik bekend gestel word. Daar word vermoed dat die lied nie net nasionaal as Arbeidsbediening se Werkerslied bekend gaan staan nie, maar dat dit gereeld in werksplekke gesing en oor die lug gehoor sal word, en wie weet, dalk ook mettertyd in die kerk se Liedboek opgeneem kan word.

Tydens Arbeidsbediening se 115de verjaardagviering op 15 April vanjaar het Greta Benadé, 'n bekende musiek- en liriekskrywer wie se eggenoot, ds. Innes Benadé, die personeellede van ondernemings elke weeksoggend met 'n Christelike boodskap bemoedig, die waarde ingesien vir die daarstelling van 'n lied spesiaal vir die mense in die markplek.
"Dit is 'n loflied waarin 'n gebed opgaan vir mense wat op alle terreine werk," sê Greta.

Intussen het sy nie net die musiek en die liriek vir die arbeidslied geskep nie, maar het 'n groepie plaasarbeiders in die Outeniqualand-omgewing 'n koor gevorm en die lied hul eie gemaak.

Sakeondernemings het hulle hande in hul sakke gesteek om professionele opname daarvan te maak.

Dit sal met die Gala-aand beskikbaar wees as bemarkingsmeganisme vir Arbeidsbedieningfondse. (Pietie le Roux)
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Entertainment News
Behind the scenes at the Cannes Film Festival
Bekende orrelis tree op
Local artist gives back
Wild West is coming to town
Black Sheep Rockonspiracy Tour
Enjoy 'Auntie Stienie' for a good cause
'Byt vas en skryf'
George has got talent
Barry Hilton in Southern Cape
Mel Botes by Barnyard
Archive
Men
Women
Search
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 40.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms