|
|
Steve kom Suid-Kaap toe
08:00 (GMT+2), Thu, 16 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Steve Hofmeyr is eersdaags in George te sien.
|
SUID-KAAP NUUS - Een van Suid-Afrika se gunstelinge, Steve Hofmeyr is eersdaags in George met ritmiese wikkel-deuntjies, glimlaglirieke en 'n ligter aanslag om 25 jaar in die musiekbedryf te vier.
Die konsert vind op 22 September in die Laerskool George-Suid se skoolsaal plaas en word aangebied deur die George Herald in samewerking met XtremeFunctions.
Kaartjies is beskikbaar teen R150 per persoon vir die Goue Sirkel - kaartjies naaste aan die verhoog (voorste rye) - terwyl ander kaartjies R120 per persoon beloop.
Kaartjies is beskikbaar by die kantore van die George Herald by Yorkstraat 72 of by Eduard Hugo van XtremeFunctions by 071 868 6231. Die George Herald-kantoor by Ringweg 13 verkoop eksklusief die Goue Sirkel-kaartjies.
"Natuurlik sing ek steeds daai ou staatmakers 'Pampoen', 'Bloubul', 'Liefling' of 'n Neil Diamond van jou keuse, maar ek was lanklaas so opgewonde om my nuwe treffers by hierdie familie te voeg," vertel Steve.
"As jy van 'Blou Ballon' en 'Juliet' gehou het, is hierdie jou konsert!"
Op 21 September is Steve in Mosselbaai te sien.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 38 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 40.
I'm a 39 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 37.
I'm a 25 year old woman looking to meet men between the ages of 27 and 45.
I'm a 42 year old woman looking to meet men between the ages of 36 and 54.
|
|
|
|
|
|
|