George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Munisipaliteite se troebel geldsake
10:00 (GMT+2), Sun, 12 August 2012
NASIONALE NUUS - Munisipaliteite trap behoorlik klei oor hul troebel geldsake. Selfs die spesiale ondersoekeenheid (SOE) moet nou die lug probeer suiwer oor die stank stand van sake ná die ouditeur generaal (OG), Terence Nombembe skokkende feite bekend gemaak het oor wat met belastingbetalers se geld gebeur.

Alhoewel Nombembe se verslag nog nie al die munisipaliteite se stuurmanne bereik het nie, het inligting in die verslae aan die media uitgelek.

Die George-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Trevor Botha het teen Dinsdag ook nog nie die munisipaliteit se verslag ontvang nie. Die Cape Times het verlede Vrydag berig dat die SOE sover as 2010 terug ondersoek instel na wanpraktyke met die stigting van die George-behuisingsvereniging. In hul berig sê verslaggewer Zara Nicholson dat senior amptenare ondersoek word, en dat hulle nie wetlik reg opgetree het in die proses nie.

Sy maak ook melding van 'n ondersoek na verdagte betalings aan 'n kontrakteur tydens die destydse aanbouings by die George-brandweerstasie. Ongerymdhede met die aanstelling van 'n kontrakteur en uitbetalings aan hom word ook ondersoek volgens die Cape Times.

Botha het Dinsdag aan die George Herald gesê dat een senior amptenaar reeds in 2010 geskors is oor die beweringe en intussen bedank het. Hy het bevestig dat ongeveer R1,6 miljoen reeds teruggekry is van die destydse behuisingsvereniging en dat regstappe teen hulle ingestel is. "Die George-munisipaliteit se finansiële situasie is intussen baie gesonder en ons werk daaraan om binnekort 'n skoon oudit te ontvang."

Slegs 13 van Suid-Afrika se munisipaliteite het hierdie jaar 'n skoon oudit ontvang. 95% van die munisipaliteite se geldsake is 'troebel'. Die OG het vinger gewys na 46% van die land se munisipaliteite waar tenders onwettig aan amptenare, raadslede en hul families toegeken is. Daar word ook melding gemaak van 86 munisipaliteite wat ander onwettige transaksies aangegaan het.

Prof. Dirk Kotzé, professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) het aan die George Herald gesê dat die OG se verslag ook uitgewys het dat baie munisipaliteite se hoof finansiële beamptes oor slegs matriek en geen naskoolse kwalifikasies beskik. "Die verslag wys ook uit 'n gebrek aan kundigheid, vaardigheid en opleiding."

Die George Herald kon met ter perse gaan nog nie die OG se verslag bekom nie, maar Kotzé het bevestig dat Nombembe gesê het skuldiges in finansiële bestuur word in meeste gevalle nie eers vervolg nie en politieke leierskap neem nie eienaarskap van munisipaliteite nie. "Belastingbetalersverenigings is een van die uitwegte om munisipaliteite te dwing om belastingbetalers se geld reg aan te wend."

* The Auditor General, Terence Nombembe announced that only 13 of the 283 municipalities in South Africa received clean audits. The George Municipality has not received their audit as yet, but investigations have been done by the Special Investigation Unit into alleged irregularities in tenders approved in 2010.

ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More National News
1 killed in Free State accident
ANC launches cellphone app
Emergency staff arrested for rape
Mokonyane to discuss Eldorado Park drugs
Cosatu to elaborate on e-tolls protests
SA joins Synchrotron scientific facility
Northwest miners wounded
Carl Pistorius elated about acquittal
11 rhinos poached in KZN
Gautrain prices to go up
Archive
Latest News
1 killed in Free State accident
Russian court hears Pussy Riot member's parole request
All 28 bodies recoverd from Indonesian mine room
What you don't know can harm you
Search for US tornado survivors almost complete
ANC launches cellphone app
Emergency staff arrested for rape
Poll: Teens migrating to twitter
Senate panel approves immigration bill
Rosemoor by-election in full swing
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 21 and 48.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms