|
|
Landbou is terug by die George-skou
11:00 (GMT+2), Thu, 09 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Kudde-evaluerings en 'n skaapskeerdemonstrasie word hierdie jaar by die George landbouskopu aangebied.
|
SUID-KAAP NUUS - Sedert die ontstaan van die Outeniqua-skougenootskap 150 jaar gelede het die jaarlikse landbouskou groot byval gevind by die gemeenskap en is daar ook baie suksesvolle skoue hier op George aangebied.
"Swak bestuur en veranderde denkrigtings het egter groot afbreuk gedoen aan die landbousektor en 'n gevoel van ontevredenheid by die inwoners en veral die boeregemeenskap gekweek. Beëindiging van borgskappe en gepaardgaande tekort aan fondse het die George-skou op die randjie van bankrotskap laat draai," sê Gert Pretorius, die skoupresident.
'n Nuutverkose skouraad onder leiding van Pretorius het hulle egter in 2011 daartoe verbind om terug te keer na die skou van ouds en 'n driejaarplan in werking gestel om die landbouafdelings terug te kry en uit te brei.
Daar is eerstens besluit om die datum te verskuif van Maart na Augustus omdat die George-gebied gewoonlik geteister word deur perdegriep en -siekte gedurende Maart en vertoners ook vuisvoos geskou is teen Maart, aangesien die George-skou die sewende skou vanaf Januarie is wat aangebied word. Die skou vind vanjaar dus van 16 tot 18 Augustus plaas.
Benewens die terugkeer van beeste en skape bied die skou ook 'n paar ander nuwighede wat dit 'n volwaardige landbouskou maak.
"Trekkers, ploeë, stropers en vele ander boerderytoerusting op uitstalling is nodig om die interessantheid van die skou te behou. Die landboudepartement van die NMMU neem ook vanjaar deel aan die uitstallings. Hulle beoog om ook 'n daadwerklike bydrae te maak tot die skou in die toekoms." sê Pretorius.
Volgens hom sal daar hierdie jaar ook uitstallings te sien wees van die Polaris-veldvoertuig, voerbakke, besproeiingspype, 4x4-plaasfietse, hoëdrukspuite, die proefplaas en ander toerusting.
Nasionale verskaffers soos Bell, Barloworld, New Holland en Parmalat is genader om weer deel te wees van die landbou-uitstallings en plaaslike instansies soos onder andere Haddad, Kubota, Butlers Cheese en vele ander is vriendelik genooi om hul landbouprodukte ten toon te stel.
Ruiterkunsproewe
Die Oostelike Saalperd-subunie kies jaarliks drie skoue in die provinsie waar voornemende Protea-ruiters, aan ESSASA se ruiterkunsproewe kan deelneem. Die eer het George in 2012 te beurt geval en vertoners vanuit plekke soos Somerset-Oos, Grahamstad, Port Elizabeth en Upington sal George besoek. Hier is stalruimte vir ongeveer 120 perde en word daar ook 'n klubskou vir die Oostelike Provinsie Saalperd-subunie aangebied.
Plaaslike ruiters en perde is ook uitgenooi en die Suid-Afrikaanse Boerperde en Kaapse Boerperde sal hierdie jaar op George verteenwoordig wees. Volgens Dennis Schley, die perdesameroeper (082 881 3306) vind die driegangruiterkunsproewe Saterdagoggend om 08:00 en en die vyfgangruiterkunsproewe om 09:00 plaas.
Schley sê daar word hard gewerk aan die uitbreiding van die perdeafdeling sodat George-landbouskou ook 'n streekskou vir die saalperdunie kan word.
Boerboele
Die Suid-Afrikaanse Boerboelvereniging het die George-landbouskou genader ten einde 'n hondeskou en ook 'n boerboelkeuring hier aan te bied. Dit sal die eerste keer wees dat so 'n skou hier plaasvind en Saterdagoggend kan almal wat hierin belangstel daarin kom deel
Die skoupresident sê om die landbou te bevorder, word daar daagliks met die betrokkenes geskakel en word daar met verskeie instansies onderhandel om weer hul uitstallings na die skou te bring.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 45.
I'm a 50 year old man looking to meet women between the ages of 39 and 50.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 42.
I'm a 42 year old woman looking to meet men between the ages of 34 and 45.
|
|
|
|
|
|
|