George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Kom wys jou ware by Herold
13:42 (GMT+2), Wed, 08 August 2012
Kom wys jou ware by Herold
Verskeie maatskappye en organisasies soos die Volstruisbesigheidskamer stal jaarliks hulle ware by die Agri Herold Landbouskou uit.
SUID-KAAP NUUS - Altesaam 50 uitstallers het reeds bevestig dat hulle vanjaar hul ware en dienste by die Agri Herold Landboufees gaan uitstal.

Die vyfde Agri Herold Landboufees vind van Donderdag 30 Augustus tot Saterdag 1 September by die Tuinroete Agri-handelstak langs die N9 tussen George en Uniondale plaas.

"Daar is 'n lewendige belangstelling onder uitstallers en die meeste van die uitstalruimtes is reeds bespreek," sê Dèan Barnard, lid van die feeskomitee verantwoordelik vir die uitstallings.

Daar is nog 'n klompie uitstalruimtes van 4m x 4m en 3m x 3m binne-in die groot skuur beskikbaar, sowel as 'n aantal groter uitstalruimtes van 10mx12m buite die skuur. Die doel met die uitstallers by die landboufees is om sakeondernemings en publiek aan mekaar voor te stel in 'n gesellige, rustige atmosfeer.

"Die sakeondernemings kry die geleentheid om hul produkte en dienste buite hul vertoonkamers en kantore aan hul teikenmark bekend te stel.

"Dit gee ook die landbouers en ander lede van die publiek wat die fees bywoon die geleentheid om al die produkte en dienste onder een dak te leer ken."

Onder die buite-uitstallers is handelaars van voertuie en landbou-implemente. Van die landbou-implemente gaan op die terrein demonstreer word.

Plaaswerkers gaan aan 'n kompetisie vir trekkerbestuurders deelneem. Die trekkerbestuurders sal vooraf deur George Snygans, 'n spesialis op die gebied, touwys gemaak word en daar is lekker pryse vir hulle te wen. Die wenners kwalifiseer vir hierdie kategorie in die Plaaswerker van die Jaar kompetisie wat later vanjaar aangebied word.

Spesialiste gaan ook kursusse in toediening van chemiese middels aanbied, waarvoor kursusgangers 'n sertifikaat van deelname sal ontvang.

In die skuur is talle tuisnywerhede wat onder meer handgemaakte artikels en tuisgemaakte geskenke verkoop, sowel as meubels en gebruiksartikels.

Besproeiing-spesialiste en kundiges op die gebied van alternatiewe energiebronne sal ook teenwoordig wees.
Diensverskaffers soos banke en versekeringsmaatskappye stal ook uit. Daar is 'n Nedbank-kitsbank op die terrein vir diegene wat te min kontant saamgebring het.

"Ons is veral opgewonde oor uitstallers wat sybokhaar-artikels te koop aanbied. In die uitstalruimte sal demonstrasies gehou word van hoe sybokke geskeer en die sybokhaar evalueer word."
Daar sal ook talle kosstalletjies wees met kos en drinkgoed, sowel as 'n biertuin waar mens kan keel natmaak.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Bursaries available for vets
State's role in Western Cape labour unrest needs further clarificaiton
Landbou-kompetisie vir vroue
Veiling 'n eerste vir George
Reëls wat jou lewe kan red
Farming meetings for De Doorns
Archive
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 50.
I'm a 44 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms