|
|
Glanskok Francois opgewonde oor glansaand
06:00 (GMT+2), Thu, 09 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Glanskok Francois Ferreira is opgewonde oor die Gourmets & Gourmands-glansaand wat vanjaar op 25 Augustus plaasvind. Dit word gehou ten bate van Carpe Diem Skool.
|
GEORGE NUUS - Daar is min mense wat nie weet wie die stem agter RSG se glanskok van die program "Huiskok Glanskok" is nie.
Hy is die nasionale hoof van die Chaîne des Rôttiseurs, 'n internasionale gastronomiese assosiasie en professionele gilde wat in die 1950's in Parys tot stand gekom het en hulle beywer vir die verbetering van die tegniese kennis van kookkuns.
Tot onlangs het Francois die wêreldrekord gehou vir die sjef wat al die meeste staatshoofde in die wêreld onthaal het (tot Barak Obama se sjef die titel oorgeneem het), hy is 'n befaamde seremoniemeester, boeiende spreker en vir die wat nog wonder, dit is net die hooftrekke van 'n hoogs indrukwekkende CV.
Waarmee hy nie op sy mou rondloop nie, is dat sy hart van goud gemaak is. Suiwer goud. Francois Ferreira se hart vir liefdadigheid het hom al 'n paar keer deur die nag laat werk net om die volgende dag met sy gul glimlag gaste te verkwik in die naam van 'n hartsaak. "Kringe (onder die oë) is karakter," sê hy.
Gourmets & Gourmands-glansaand
Francois is reeds vir 'n paar jaar die beskermheer van die Carpe Diem Skool op George en is absoluut passievol oor sy betrokkenheid. Elke jaar versit hy berge om fondse in te samel vir hierdie saak wat sy hart boei.
Een van die groot fondsinsamelingsgeleenthede van die jaar is die Gourmets & Gourmands-glansaand wat aan die einde van Augustus plaasvind. Sestien restaurante en 16 wynplase kom bymekaar vir 'n aand van heerlike kos, hemelse wyne en opwindende lotte wat opgeveil word - alles ten bate van die Carpe Diem Skool. Volgens Francois maak dit nie saak in watter industrie jy is nie, "want passie ken nie grense nie". Hy sê dat die personeel en ouers van Carpe Diem Skool se passie vir die skool en leerders aansteeklik is en die rede waarom hy veral 'n projek soos Gourmets & Gourmands geniet.
"Gourmets & Gourmands wat hierdie jaar moontlik gemaak is deur Hartmans, is 'n ongelooflike geleentheid om nie net fondse in te samel vir die skool nie, maar om mense bekend te stel aan die ongelooflike restaurante in die area. Dit is ook 'n Chaîne des Rôttiseurs goedgekeurde geleentheid wat nogal iets sê van die kwaliteit van die kos, die professionaliteit van die verskeie kombuise wat deelneem en die talent van die sjefs."
Die Gourmets & Gourmands met die 'Swinging 20s' as tema vind hierdie jaar op 25 Augustus plaas. Verdere navrae kan gerig word aan Karools Hauptfleisch by Carpe Diem by 044 874 4074.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 40.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 55.
I'm a 34 year old woman looking to meet men between the ages of 33 and 47.
|
|
|
|
|
|
|