|
|
‘George Lelie’ ‘n Kaapse Affodille
06:30 (GMT+2), Thu, 09 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
René Steenkamp van George tydens haar optrede in die internasionale musiekfees in TFF Rudolstad se Folk-Roots-World Musiekfees saam met die Wes-Kaapse orkes Die Kaapse Affodille dames boere-orkes. Die uitnodiging kan allerweë as 'n eer beskou word aangesien hulle Suid-Afrika daar verteenwoordig het.
|
GEORGE NUUS - 'n Gulde geleentheid om Duitste gasvryheid te ervaar, en as enigste orkes van Suid-Afrika deel te neem aan 'n internasionale musiekfees in TFF Rudolstadt se Folk-Roots-World Music fees (Weltmusic), het die Wes-Kaapse orkes, Die Kaapse Affodille dames boere-orkes te beurt geval.
Plaaslike musikant, René Steenkamp van George, wat deel van die orkes is, het behoorlik geborrel van opgewondenheid "Dit was absoluut fantasties. Ons het kennis gemaak met orkeste vanuit die VSA, Brittanje en China, en tussen die optredes het ons gesellig saam gekuier met die ander deelnemers."
René het onlangs teruggekeer van Rudolstadt, waar hul as die enigste vroue-orkes gul ontvang is, en waar die verblyfonkostes gedek was deur die organiseerders.
Die twee konsertina spelers, Mariaan Wiese en Leonie Pelteret het vroeër vertrek om deel te neem aan die massa-optrede. Die ses sprankelende lede speel verskillende instrumente en is vroeër die jaar uitgenooi na 'n jaarlikse fees wat vanaf 5-8 Julie geduur het.
Elke jaar het die fees 'n tema, en 2012 se tema was The Magic Concertina, dit is ook die naam van die produksie wat bymekaargesit is, en waaraan twee van die Kaapse Affodille deelgeneem het. As 'n volle orkes het hulle drie optredes gehad.
Die fees lok gemiddeld 20 000 mense per dag en daar is 32 verhoë. "Die Kaapse Affodille het ook 'n dans, en ons het die tradisionele loopsettees vir die gehoor geleer,"
Die gehore was baie opgewonde oor die dames uit Suid Afrika, hulle was die enigste orkes uit Suid-Afrika wat genooi was. Tydens hul optrede by die hoofverhoog in Rudolstadt, het die Suid-Afrikaanse vlag trots gewapper tussen al die ander lande wat daar was. Die Kaapse Affodille het op 8 Augustus by Oasis, in Groot-Brakrivier opgetree.
ARTIKEL: PAULINE LOURENS, GEORGE HERALD-JOERNALIS
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 36 year old man looking to meet women between the ages of 20 and 45.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 30.
I'm a 46 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 50.
I'm a 32 year old woman looking to meet men between the ages of 27 and 40.
|
|
|
|
|
|
|