|
|
Izak Davel in George
06:00 (GMT+2), Thu, 09 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Veelsydige Izak Davel is te siene op 10 Augustus by die Kalahari Teater op George vir 'n eenmalige optrede as sanger.
|
GEORGE NUUS - Sanger, akteur en danser, Izak Davel het oor en oor reeds bewys dat hy met gemak tussen die lyne van hierdie drie kan speel en 'n groot sukses daarvan maak. Hy het sy rolprent debuut in Getroud met Rugby gemaak wat ook 'n treffer TV-reeks is en nou in sy vierde seisoen op kykNET te sien is.
Ander rolprente sluit in Hoofmeisie en Platteland. In 2004 het hy gehore betower met sy vele talente in Joseph and the Amazing Technicolor Dreamcoat, Jesus Christ Superstar en Life @ Centrestage.
Op 10 Augustus sal hy 'n eenmalige optrede by die Kalahari Teater hou teen R100 per persoon. Hy sal saam met Joe F optree.
Joe F is 'n kragdadige sanger met 'n rasperstem en het as liedjieskrywer en sanger die vermoë om sy eie grense met die grootste gemak te verskuif. Sy tweede album by Vonk Musiek, Hou My Vas, word beskou as musiekdinamiet.
"My musiek is baie soos 'n tydlyn van my lewe. Ons elkeen groei," vertel die sanger wat glo dat sy liedjies hom kies. "My aanhangers groei saam met my. Ons was eers in ons rock-stadium, ons rebelse stadium, ons kalm-word-stadium en nou is ek op 'n stadium waar my vriende en familie vir my kosbaar is."
Davel het homself as vegter letterlik en figuurlik bewys toe hy 23 dae oorleef het op M-Net se Survivor. Almal onthou daai lyf en dit verbaas dus niemand dat hy al YOU sexiest man gewen het nie. Deur dit als maak dit sin dat hy sy album Vreesloos gedoop het.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 40.
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 37 and 55.
I'm a 18 year old woman looking to meet men between the ages of 19 and 27.
I'm a 35 year old woman looking to meet men between the ages of 31 and 45.
|
|
|
|
|
|
|