George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Onderburgemeester word nie vervolg
16:00 (GMT+2), Mon, 06 August 2012
Onderburgemeester word nie vervolg
Die Departement van Openbare Vervolging het geweier om enige iemand te vervolg in die omstrede Maritz-lisensieskyfie-sage.
GEORGE NUUSFLITS - Geen vervolging sal teen George se onderburgemeester, Daniël Maritz ingestel word in die omstrede motorlisensieskyfie-saak nie.

Die kantoor van die Wes-Kaapse Departement van Openbare Vervolging (DOV) het verlede Donderdag te kenne gegee dat niemand vervolg gaan word nie en dat die dossier as afgehandel geliasseer sal word.

Die voorval volg na Maritz se privaat motor in Mei in Yorkstraat deur die provinsiale verkeersdienste van die pad af getrek is.
Gerald Becker, hoof van die provinsiale verkeersdienste in die Suid-Kaap het bevestig dat die motor se registrasieplate met swart plastiek bedek was en dat 'n ander lisensieskyfie op die voorruit geplak was as wat aan die motor behoort het.

Die bestuurder van die motor is vir beweerde dronkbestuur aangekla en Maritz ontken dat hy saam met die man in die motor was. "Ek het my motor aan hom geleen om 'n funksie by te woon," het hy gesê.

Maritz het gesê hy en sy familie is deur 'n moeilike tyd sedert die beweringe gemaak is.

Lees meer in Donderdag se George Herald, asook aanlyn.

Lees 'n vorige artikel hier.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
MP fights lung cancer
Mugabe signs new constitution into law
Afghan students protest women's rights decree
Marikana families walk out on cop
KZN man arrested for murder
'Exhausted' Afghan president says he is to retire in 2014
Safety operation for pedestrians on N2
Japan hospital tests powerful breast cancer therapy
Jordaan steps down
1 killed in Free State accident
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 41 year old man looking to meet women between the ages of 33 and 43.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 32.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms