|
|
Ruiters skitter by Tip of Africa Uithourit-uitdaging
11:46 (GMT+2), Mon, 06 August 2012
|
|
|
|
|
|
|
Sowat 85% van die 125 inskrywings wat die uithourit-uitdaging aangedurf het, het dit suksesvol voltooi, nadat die finale inspeksie van die perde geslaag is.
|
SUID-KAAP NUUS - ‘n Feestelike atmosfeer het geheers toe deelnemers die eerste Tip of Africa Uithourit uitdaging op Saterdag 28 Julie 2012 voltooi het.
Die weer het mooi saamgespeel en gehelp om hierdie gebeurtenis, wat vir die eerste keer in die Overberg aangebied is, ‘n groot sukses te maak.
Sowat 85% van die 125 inskrywings wat die uithourit-uitdaging aangedurf het, het dit suksesvol voltooi, nadat die finale inspeksie van die perde geslaag is.
‘n Inspeksiepunt by Prinskraal suid van Bredasdorp het seker gemaak dat perde tydens die rit gesond en geskik is vir verdere deelname, terwyl die finale inspeksie na afloop van die rit by Mega Park, buite Bredasdorp gehou is.
Die kompetisie is gereël deur die Wynland Uithouritklub in samewerking met AMG Events.
Die wenners van die uitdaging was:
160 km
ERASA
1ste: Ruiter: Jacques Grobbelaar; Perd: Beaconsfield Shumba; Tyd: 10:02:40
2de:Ruiter: Pietie (Jnr) Wannenburg; Perd: Christal Razib; Tyd: 10:07:42
3de: Ruiter: Laura Seegers; Perd: PSV Liberty; Tyd: 11:47:14
120 km
ERASA
1ste: Ruiter: Mabet Cilliers; Perd: Karuska; Tyd: 06:26:49
2de:Ruiter: Christine Kriel; Perd: Saruk Shaden; Tyd: 06:26:50
3de: Ruiter: Selina Wank; Perd: Lormar Marengo; Tyd: 06:53:10
FEI
1ste: Ruiter: Naomi Muller; Perd: Karabib; Tyd: 06:33:48
2de:Ruiter: Allan Leon; Perd: Waterlea Je Taime; Tyd: 06:33:55
3de: Ruiter: Jozahn Grobler; Perd: Samir Barak; Tyd: 06:59:59
90 km
ERASA
1ste: Ruiter: Magan Hanekom; Perd: Keria Achira Ahmat; Tyd: 04:36:21
2de:Ruiter: Sonja Claassen; Perd: Frasoc Danbo; Tyd: 04:36:21
3de: Ruiter: Lodewikus Hanekom; Perd: Mountain Boy; Tyd: 04:36:22
FEI
1ste: Ruiter: Dominique van Zyl; Perd: Wadrif Miga; Tyd: 04:36:24
2de:Ruiter: Annemarie van Schalkwyk; Perd: Hectoria Basjan; Tyd: 04:36:26
3de: Ruiter: Stephanie van Schalkwyk; Perd: Sasha; Tyd: 04:36:28
Uitgereik deur Agri Mega Group
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Other
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 50.
I'm a 40 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 42.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 45.
I'm a 43 year old woman looking to meet men between the ages of 37 and 49.
|
|
|
|
|
|
|