|
|
George voor in werkskepping
16:00 (GMT+2), Thu, 02 August 2012
|
|
|
GEORGE NUUS - Die George-munisipaliteit is naas Kaapstad, die voorloper in die Wes-Kaap as dit kom by werkskepping ingevolge die uitgebreide openbare publieke werke-program.
Statistieke toon dat vir die periode Junie 2011 tot Mei vanjaar 42 000 dae werk geskep is deur middel van werkskeppingsprojekte.
Trevor Botha, munisipale bestuurder, het verduidelik dat skoonmaakspanne gedurende die herfsseisoen gefokus het op areas waar blare in die verlede groot probleme veroorsaak het. "Die blare veroorsaak verstoppings in die stormwaterstelsels. Die gereelde skoonmaak van boomryke areas het bygedra tot 'n afname in die verstoppings van die stormwaterstelsels."
Volgens Botha het ander gebiede waar rommel gereeld in stormwaterstelsels beland en verstoppings veroorsaak ook groot voordeel van die projek ervaar. "Alle kapitaalprojekte maak voorsiening vir werkskepping sowel as geakkrediteerde opleiding soos staalbinding, betonmeng, plaveisel, veiligheid en gesondheid."
Intussen is die munisipaliteit in die proses om 'n databasis van inwoners in landelike gebiede saam te stel.
Volgens Flip de Swardt, hoofsweep van die munisipale raad is die projek, 'n eerste van sy soort, van stapel gestuur om alle tersaaklike inligting van inwoners in die landelike omgewing in te samel.
"Hierdie inligting sluit in huwelikstatus, salarisse, watervoorsiening, elektrisiteitsvoorsiening en gebruik van ander brandstofbronne, sal help bepaal watter persone vir deernis in aanmerking kom asook die standaard van basiese dienste aan die mense van die landelike omgewing."
Burgemeester Charles Standers het boere en werkgewers in die landelike gebiede gevra om geduldig te wees terwyl die munisipaliteit die opname doen. Hy sê dit strek tot voordeel van alle partye.
* According to statistics, the George Municipality is the biggest provider of work in the Western Cape, barring Cape Town. Meanwhile the Municipality is collecting data of all people in rural areas in the municipal district. The information will be used to determine which individuals qualify for indigent status.
ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 42 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 40.
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 60.
I'm a 27 year old woman looking to meet men between the ages of 27 and 36.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 56.
|
|
|
|
|
|
|