SUID-KAAP NUUS - Die SWD Arende het die sterkste beskikbare span saamgestel wat Vrydagaand op Outeniquapark teen die Boland Kavaliers uitdraf.
Die Arende sal wil vergoed vir sy groot nederlaag teen die Luiperds op Potchefstroom en die Bolanders soek 'n oorwinning na vier agtereenvolgende nederlae. Maklik gaan dit nie vir die Arende wees nie, want die Kavaliers het net-net met drie punte teen die gedugte Griffons verloor. Die SWD se o.13 en o.19 spanne draf in voorwedstryde uit.
Die afskop is om 19:00 en kaartjies is by die hek beskikbaar.
Die Arende-span is:
15 Alrich van Vuuren, 14 Johan Herbst, 13 Stokkies Hanekom, 12 Jeff Taljard, 11 Alshaun Bock, 10 Theuns Kotze, 9 Mzo Dyantyi, 8 Michael Vermaak, 7 Wilhelm Koch (k), 6 Dumisane Meslane, 5 Hein Potgieter, 4 Lehan Koekemoer, 3 Grant Kemp, 2 Hans van Dyk, 1 Layle Delo.
Plaasvervangers: 16 Sidney Tobias, 17 Dean Hopp, 18 Grant le Roux, 19 Shaun Raubenheimer, 20 Deroy Rhoode, 21 Daniel Roberts, 22 Baldwin McBean.
|