George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Inwoners maak harte oop vir Rooikruis
13:00 (GMT+2), Fri, 20 July 2012
Inwoners maak harte oop vir Rooikruis
George-inwoner Leonie Oosthuizen (links) kon weer ‘n groot besending skenkings na die Rooikruis-kinderhospitaal neem. Hier is sy saam met Shehaam Hendricks, maatskaplike werkster by die hospitaal.
GEORGE NUUS - George-inwoners het soos die afgelope paar jaar, hulle harte en hande oopgemaak om skenkings te maak vir die kinders en ouers by die onkologie-afdeling van die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad.

Die insameling word jaarliks deur Leonie Oosthuizen gedoen wie se dogtertjie, Annika (8) drie jaar gelede met leukemia gediagnoseer is. Annika moes behandeling by die Rooikruis-kinderhospitaal ontvang en haar ma het daar besef dat daar 'n nood onder die kinderpasiëntjies en hul ouers is vir warm drinkgoed, iets lekker om te eet of speelgoed om hulle op te beur in die uiters traumatiese tye wat hulle noodgedwonge daar moet deurbring.

Leonie het van toe af elke jaar met 'n besending artikels deurgery om by die hospitaal te gaan aflewer.

Die Ooshuizen-gesin is dankbaar vir die wonderlike ondersteuning wat hulle vanjaar weer van die plaaslike inwoners ontvang het. Elandré Moore van South Cape Auto het hulle met 'n Hyundai H1-bussie geborg om alles vervoer te kry. Mnr. Roux en die George Voorbereidingskool se leerlinge het ook fluks gehelp.

Melissa van die Melissa Page-dansskool en die dansers en ouers daar het ruimhartig geskenk, so ook Lynette by Coetzee Apteek, Douka van Anstro Catering, Fifi en ander personeel van SARS, suster Martie en personeel van Bayview Life Hospitaal, Tannie Iza, Carin en kinders van Byekorf Speelskool, DK Couriers, Jareen Schoeman van Outeniqua Sure Travel en Riaan Heunis van Cosy Homes Sedgefield. Mariëtte by Pick 'n Pay het gereël dat 'n waentjie by die winkeldeur geplaas kon word. Die Oosthuizens is uiters dankbaar teenoor elke persoon wat iets daarin geplaas het.

"Dankie ook vir elke pakkie wat net afgegee is of wat ek net opgetel het. Julle elkeen is so spesiaal en ons dank julle opreg," het Leonie gesê
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 30.
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 21 and 38.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms