|
|
Kindervisie en jou kind
11:02 (GMT+2), Fri, 20 July 2012
|
|
|
SUID-KAAP NUUS - Kinders kla gewoonlik nie self van dowwe sig nie, want u kind is gewoond aan sy/haar sig en het niks om dit mee te vergelyk nie.
U as ouer kan na die volgende oplet wat kan aandui dat ‘n kind moontlik sukkel en gehelp kan word met ’n oogondersoek:
• Kla u kind van hoofpyne tydens leeswerk of rekenaarwerk?
• Hou u kind leeswerk besonder naby, en kla hy dat dit ongemaklik is om te sien as hy dit verder hou?
• Vermy u kind leeswerk?
• Ervaar u kind dat woorde dubbeld raak op bladsy, of soms rondbeweeg?
• Draai hy sy kop sodat die een oog nader is aan die voorwerp, bv. TV, waarna hy kyk?
• Maak u kind gereeld een spesifieke oog toe in die son buite of selfs met leeswerk?
• Draai een ogie in (of uit) as u kind moeg is of dagdroom?
• ‘Peering’ is wanneer u kind sy oë half toeknyp om beter te sien. Gewoonlik vêr afstande, maar kan ook naby met lees gebeur.
Sig is so kosbaar en ‘n wonderlike gawe, maar ook baie kompleks. Gemaklike sig gaan oor baie meer as net skerp, duidelike sig met elke oog. Die twee oë moet as ‘n span saamwerk en as dit nie die geval is nie kan u kind baie ongemak ervaar. Siftingstoetse (screenings), soos die skoolsusters vroeër gedoen het, toets gewoonlik net die sigskerpte. Dit is al wonderlik omdat bysiendheid en astigmatisme baie keer al vroeg gevind word, maar versiendheid is baie maal al gemis met hierdie toetse omdat ‘n versiende kind vêr gewoonlik goed sien.
Iets wat u verder self kan toets is om te sien of u kind met elke oog goed sien. Dit verbaas my nog gereeld as ek ‘n jongmens se oë toets en hy kom in die toetskamer die eerste keer agter dat die een oog baie swakker sien. Ek het dit al met mense in hul twintigs gekry!
Hoe doen u die toets self? : Staan ‘n paar tree weg van ‘n teiken - soos nommers op ‘n kalender. Hou een oog toe en toets een oog op ‘n slag. ‘n Ouer kind sal kan sê of die letters of nommers verskillend lyk en ‘n jonger kind wys gewoonlik met liggaamshouding ongemak as met die swakker oog gekyk word.
Binokulêre funksie of die “teaming” van die oë word makliker deur die oogkundige bepaal. Dit maak die oogtoets van u kind - wat dalk ‘n klagte het van bv. ‘n leesprobleem - in baie gevalle langer as ‘n normale oogtoets. Daar is ‘n verkeidenheid van moontlike ‘teaming’ probleme en dit is belangrik om die probleem reg te klassifiseer. Sommige probleme kan heel goed opgelos word met ‘n bril, maar sommiges glad nie. Soms reageer ‘n sekere probleem baie beter op terapie. Daar is oogkundiges wat spesialiseer en toegerus is vir hierdie terapie, maar dan moet die probleem nog reg identifiseer word en verwys word indien nodig. Terapie vereis altyd meer toewyding van die ouer en kind. Dit kan meer koste inhou en is nie so ‘n ‘quick fix’ soos die gevalle waar ‘n bril help nie.
U kan u kind help om seker te maak dat sy sig die beste is wat dit kan wees. ‘n Oogtoets op ‘n jong ouderdom verleen ook ‘n goeie verwysings punt, omdat kinders se oë baie kan verander tot mid twintigerjare wanneer groei ook stabiliseer.
Artikel deur deur Niek Harteveld
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Lifestyle
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 38 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 40.
I'm a 57 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 60.
I'm a 40 year old woman looking to meet men between the ages of 40 and 49.
I'm a 24 year old woman looking to meet men between the ages of 23 and 30.
|
|
|
|
|
|
|