George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Carpe Diem-dinee geniet wye steun
07:00 (GMT+2), Thu, 19 July 2012
Carpe Diem-dinee geniet wye steun
Carpe Diem skoolhoof Karools Hauptfleish (links) en Johan Snyman (Hartman & Seuns) is reg vir die jaarlikse Gourmets & Gourmands-dinee wat op 25 Augustus gehou word.
GEORGE NUUS - Die jaarlikse Gourmets & Gourmands gala-dinee ten bate van Carpe Diem skool word vanjaar op 25 Augustus aangebied.

Dié skool in George het 260 leerders tussen 6 en 19 jaar met spe-siale onderrigbehoeftes waarvan 75 in die koshuis woon. Die dinee word jaarliks gehou om fondse in te samel en vanjaar is Hartman & Seuns die hoofborg.

"Ons glo in die Gourmets & Gourmands-projek. Die gesindheid van al die rolspelers spreek van toewyding en passie: dit is hoe ons ook ons fami-liesaak bedryf," se Andries Hartman (jr,) bestuurder van die onderneming.

Volgens Andries het hy die Gourmets & Gourmands-dinee van die eerste dinee vier jaar gelede bygewoon. "Ek glo in die projek. Dit word deeglik beplan en met groot sukses uitgevoer en ons wil graag 'n bydrae lewer. Ons assosiasie met die skool het vir my baie waarde, ek glo in die geleentheid en wil deel wees daarvan."

Vyftien restaurante in die Suid-Kaap, die Francois Ferreira Academy, die plaaslike tak van die Chaîne des Rôtisseurs en die Suid-Afrikaanse Chefs Association (SACA) gaan kosmaak vir die uitgelese gaste wat hul kaartjies 'n jaar vooruit bespreek.

Die restaurante wat vanjaar deelneem is Transkaroo, Kafe Serefe, La Locanda, Chef Alma, Buffelsdrift, Caloroso, House of Flavour, Top Two, Cafe de la Motte, Protea Hotel King George, The Gannet, Pomodoro, La Rosa Blu en The Rose on York.

Tydens die dinee word vakansiepakkette opgeveil wat deur die gasvryheidsbedryf geborg word.

Geld wat tydens die dinee ingesamel word is in die verlede gebruik om elektriese rolstoele te koop en fondse wat vanjaar geïn word sal gebruik word vir die installering van 'n hysbak by die koshuis.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Entertainment News
Brad Pitt tries to rebuild a better blockbuster
Magical comedy at Bravo and Zanzibar
Carpe Diem plans glittering fundraiser
Vrouedag propvol verrassings
Propvol Calitzdorp Port en Wynfees-program
VonWest vanaand by die Barnyard
Local chef in national top three
Wyn en vermaak by Calitzdorp Wynkelder
Baroque and roll
Update: Yorkie makes 5FM airways
Archive
Men
Women
Search
I'm a 54 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 57.
I'm a 52 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 55.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms