George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Arende vol selfvertroue
15:46 (GMT+2), Wed, 18 July 2012
Arende vol selfvertroue
Kurt Colemen wat 14 van sy span se punte aangeteken het, verskyn hier saam met die spankaptein, Wilhelm (Palm) Koch wat ewe verheug was oor die merkwaardige oorwinning oor die gedugte Pumas..
SUID-KAAP NUUS - Na die uitstekende modderbad-oorwinning van 22-16 (9-8) oor die hoog aangeskrewe Ford Pumas op Outeniquapark en 'n derde plek op die eersteliga-punteleer vertrek die SWD Arende met sakke vol selfvertroue om die Luiperds in 'n koue Potchefstroom te pak.

Maar maklik gaan dit nie wees nie, want die einste Luiperds het ook oorgenoeg selfvertroue nadat hulle die Boland Kavaliers op Malmesbury met 23-21 geklop het.

Afrigter Johann Lerm, wat oorstelp was oor sy span se uitstekende sege oor die Pumas, glo dat sy manne genoeg karakter het om die wa deur die drif te sleep. 'n Weg-oorwinning is in enige kompetisie die faktor wat die manne van die seuns onderskei.

Totale toewyding, groot karakter en geloof in hulself het hulle in die stryd teen die Pumas deurgedra onder omstandighede wat vir geen span maklik was nie. Nou hoop Lerm en sy afrigtingspan dat dieselfde kwaliteite hulle ook in die koue van Noord-Wes sal deurdra.

Die Luiperds se sterte is in die lug en hulle draf boonop onder bekende omstandighede voor 'n tuisskare uit.
Die beste beskikbare span gaan die opponente aandurf en hopelik het die lesse wat in die eerste weg-wedstryd teen die OP Kings geleer is, inslag gevind en die manne in die lemmetjie-groen truie gestaal teen verrassingsaanvalle wat die wa kan ontspoor.

Behalwe die algemene goeie vertoning van die hele span was dit ook losskakel Kurt Coleman se skopskoen wat die Arende teen die Pumas op die voorvoet gehou het. Coleman het wel 14 punte met die voet aangeteken, maar die Arende sal teen die Luiperds nie sestig minute lank kan wag voordat hulle die doellyn oorsteek nie. Hulle sal elke moontlike geleentheid moet aangryp en gaan druk wanneer hulle binne bereik kom.

Coleman se leentyd by die Arende het verstryk en word deur Theuns Kotze op losskakel vervang.
Die Arende se enigste driedrukker was skrumskakel Johan Herbst. Behalwe Coleman se bydrae met 'n doelskop en vier strafdoele het Theuns Kotze oor 'n strafdoel behaal.

Vir die Pumas het RM Kember en Renaldo Bothma gedruk. JC Roos het twee strafdoele behaal.

Die SWD Arende-span is 15 Elrich van Vuuren, 14 Clint Wagman, 13 Kempie Rautenbach, 12 Stokkies Hanekom, 11 Alshaun Bock, 10 Theuns Kotze, 9 Johan Herbst, 8 Michael Vermaak, 7 Shaun Raubenheimer, 6 Wilhelm Koch (k), 5 Hein Potgieter, 4 Grant le Roux, 3 Grant Kemp, 2 Sidney Tobias, 1 Jean Rossouw. Plaasvervangers: 16 Wayne Khan, 17 Dean Hopp, 18 Lehan Koekemoer, 19 Dumisani Meslane, 20 Mzo Dyantyi, 21 Jeff Taljard, 22 Howard Noble.

ARTIKEL: JANNIE MEYER, GEORGE HERALD-JOERNALIS

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Rugby News
Sharks team to face bulls
Former All Black coach Henry on misconduct charge
Groot eer vir Eddie Myners
Dis oorlog in Mosselbaai
Boks name 38 players for Durban training camp
New chairman ready to solve Fiji Rugby's ills
Davies to captain Wales in Japan
Former Wales star Watkins diagnosed with cancer
Cheetahs are under pressure: Drotske
Kontrakte aan vier by NMMU
Archive
Latest Sport
Sharks team to face bulls
Pregnant Cheruiyot out of World Championships
Nadal targets Super Eight in Paris
Hartley targets World Championships
I have unfinished business at SuperSport: Niang
Indian minister says fixing may hit other sport
Former All Black coach Henry on misconduct charge
Local karateka tested
Boys to attend Ernie's Championships
Groot prysgeld vir Wildernis-wedloop
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 65 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 55.
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 100.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms