|
|
BAASK kies nuwe bestuur
14:43 (GMT+2), Mon, 16 July 2012
|
|
|
|
|
|
|
Van links is Emsie du Plessis, Juanita Möller (HWSETA geleentheidsspreker), Mariaan van Greunen en Lucia Muller by die jaarvergadering van BAASK by Genevafontein Aftreeoord.
|
SUID-KAAP NUUS - BAASK (Belangegroep vir aftreeoorde en aanverwante instansies in die Suid-Kaap) het op 6 Julie hul jaarvergadering by Genevafontein Aftreeoord in George gehou.
Die geleentheid is deur verskeie oorde van oor die hele Suid-Kaap bygewoon.
Onderwerpe wat by die jaarvergadering bespreek is onder meer affiliasie, grondwet en nuusbrief. Die geleentheidsspreker was Juanita Möller (vaardigheids ontwikkelingsadviseur by die "Health & Welfare SETA" asook bestuurder van die provinsiale kantoor in die Wes-Kaap wat diens lewer aan beide die Wes-Kaap en Noord-Kaap).
Me. Möller het waardevolle inligting verskaf oor die beskikbaarheid van fondse vir opleiding van personeel veral dan in aftreeoorde en ouetehuise.
Die verpleegkundiges van die verskillende aftreeoorde het apart vergader en verskeie relevante onderwerpe was bespreek. Geleentheidsprekers was mee. Lettie Bekker en Reda-Lene Spilhaus.
Die nuwe bestuur vir 2012/13 is verkies en bestaan uit dr Gerrit Theron, Hartenrus (voorsitter), Danie Erasmus, Oudtshoorn Aftreeoord (onder-voorsitter), Johan Smuts, Hartenrus (sekretaris/tesourier), Marisa Botha, Hartenrus (skakelbeampte), Eric Bekker, Genevafontein Aftreeoord (addisionele lid), Juanita van Wyk, George Service Clubs Utility Co (addisionele lid) en Retha Nel, Hartenrus (verteenwoordiger verpleegkundiges).
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Lifestyle
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 33 and 45.
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 31 and 41.
I'm a 31 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 40.
I'm a 52 year old woman looking to meet men between the ages of 50 and 65.
|
|
|
|
|
|
|