|
|
Moeilike parkeerplek vir mans gehou
14:46 (GMT+2), Thu, 12 July 2012
|
|
|
INTERNASIONALE MOTOR NUUS - Die burgemeester van 'n klein Duitse dorpie het 'n waaghalsige nuwe parkeerbeleid ingevoer wat hom dalk die argwaan van vroue kan besorg.
Burgemeester Gallus Strobel van Triberg in die suide het besluit om die moeilikste parkeerplekke in die dorp aan mans toe te sê.
Die burgemeester het beveel dat elke parkeerplek met die simbool vir man of vrou gemerk moet word, volgens die moeilikheidsgraad om behoorlik daar te parkeer.
Dis moeilik om te sê of die vroue tevrede gaan wees met al die lekker breë, goedbeligte ruimtes naby die uitgange van parkeerterreine terwyl die mans rondom sementpilare en dies meer sal moet inskuifel.
Burgemeester Strobel het egter sy besluit verdedig deur te sê: "Mans is in die algemeen 'n bietjie beter hiermee." Hy het waarskynlik besef dit kan dalk die helfte van sy toekomstige kiesers vies maak en gou bygevoeg: "Natuurlik is daar goeie vrouebestuurders ook, wat natuurlik baie welkom is!"
Die nuwe parkeer-reëling is tot dusver verwelkom. Toeriste stroom na die dorp om die burgemeester se parkeer-uitdaging te aanvaar. Vir enigeen wat graag die kuns van parkeer wil demonstreer - Triberg is sowat 100 km van Stuttgart se lughawe.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Southern Cape Motoring
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 30.
I'm a 45 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 55.
I'm a 41 year old woman looking to meet men between the ages of 38 and 50.
|
|
|
|
|
|
|