|
|
PAL-V vlieënde motor
09:00 (GMT+2), Thu, 12 July 2012
|
|
|
|
|
|
|
Vir tye wat die pad nie só stil is nie, kan die PAL-V vlieg.
|
MOTOR NUUS - Die droom van 'n motor wat kan vlieg, is byna so oud soos die motor self. Die mobiliteit van 'n motor gekombineer met die vermoë om luglangs te ontsnap, het in die afgelope jaar of twee vlerke gekry met 'n handvol maatskappye wat ernstig eksperimenteer met 'n motor wat ook 'n ligte vliegtuig is.
Dit is dalk die volgende logiese stap in die ontwikkeling van die motor - en 'n oplossing vir aardgebonde probleme soos verkeersknope en waterversperrings soos riviere en damme. In onbeheerde lugruim is die bestuurder-loods self in beheer van tyd en bestemming.
Die PAL-V ONE is een so 'n motor-vliegtuig wat al verder as 'n konsep gevorder het. Die eerste toetsvlugte is reeds afgelê en wat dit so aantreklik maak, is dat 'n mens van begin tot einde in dieselfde voertuig kan reis. Op die grond is die motor iets tussen 'n klein motortjie en 'n motorfiets danksy die slank driewiel-ontwerp. Dit kan na die naaste lughawe gery word en nes 'n gewone klein vliegtuig opstyg. Die enkele rotor en skroef word oopgevou en die PAL-V is reg vir sy vlug!
Luglangs vlieg die PAL-V gewoonlik onder 1 200 meter, wat lugruim is wat vir onbeheerde lugverkeer bedoel is. Geen risiko om dus met 'n straler deurmekaar te raak nie. Die vliegtuigenjin is sterk en gesertifiseer en kan 'n spoed van tot 180 km haal.
Danksy die kompakte struktuur, het die PAL-V min plek nodig om te land en op te styg, wat dit selfs meer prakties maak. Vlugplanne is onnodig en die enjin is stil omdat die rotor taamlik stadig draai. Dit kan skynbaar nie stol nie en hanteer maklik.
Om die PAL-V in die VSA te vlieg sal 'n sportvlieglisensie nodig wees en in Europa 'n private vlieglisensie.
Om op die pad te bestuur, is slegs 'n gewone rybewys nodig.
PAL-V Europe NV is reeds sedert 2001 besig met die ontwerp en het 'n span kundige ingenieurs met kennis van motors, vliegtuie en motorfietse. Die eerste toetsvlug in 'n PAL-V is vroeër vanjaar onderneem.
Die eerste kommersiële weergawe is nou ontwikkel met die oog daarop om die ontwerp te verfyn en met produksie te begin.
ARTIKEL: ANICA KRÜGER
(Bronne: www.gizmag.com en www.pal-v.com)
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Southern Cape Motoring
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 50.
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 30.
I'm a 50 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 55.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 38 and 50.
|
|
|
|
|
|
|