George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Agrella vlymskerp met swaard
08:00 (GMT+2), Thu, 12 July 2012
Agrella vlymskerp met swaard
Susan Agrella, George se trots op die skermbaan.
GEORGE NUUS - Outeniqua Skermklub se afrigter, Susan Agrella, het in Bloemfontein aan die jaarlikse Senior Nasionale Skermkampioenskappe deelgeneem en teruggekeer met 'n goue medalje in die dames florette en silwermedalje in die spanafdeling in dames skermdegen (épée).

Die kompetisie was hierdie jaar besonder straf omdat verskeie van die deelnemers die afgelope 4 jaar deel uitgemaak het van 'n Olimpiese kwalifiseringsprogram en aan verskeie internasionale kompetisies deelgeneem het. Suid-Afrika se dames Skermdegen (épée)-span het ten einde laaste die Olimpiese kwalifisering met net 3 punte gemis.

Verskeie van die junior deelnemers het nie net aan die Statebondspele in Jersey deelgeneem nie, maar ook aan die Junior Wêreldkampioenskappe in Moskou.

Die standaard van skerm in Suid-Afrika is dus besig om dramaties te verhoog. Daarom is daar ook met 'n groot ontwikkelingsprogram begin wat veral gemik is op die plattelandse areas waarvan George en omgewing 'n geïdentifiseerde gebied is vir hierdie program.

Daar is reeds, behalwe die Outeniqua-klub in George, ook 'n klub in Wildernishoogte en toestemming is bekom vir 'n klub by Touwsranten. Die ontwikkeling is nie net gerig op skoolgaande atlete nie, maar ook volwassenes en veterane.
In die VSA is daar tot 40 veterane per klub en kan hulle dus hulle eie kategorie-kompetisies hou. Die huidige mikpunt vir veterane is om te kwalifiseer vir die Statebondspele in Skotland in 2014.

Oefeninge vir werkendes is nou ingestel vir Woensdagaande by die Voortrekkersaal in George. Benodigdhede soos wapens, maskers en klere word verskaf.

Vir meer inligting kan met Susan gekontak word by 082 717 7924. 
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Other News
US beats Russia 8-3 at Hockey Worlds
New cross-country trail
Rooiberg Midwinter trailrun challenge
Slapelose nagte lê vir jaers voor
Indian minister hopes for return to Olympic fold
Evans sets sights on title defence
Jaglisensies nou beskikbaar
Cycling: Injured Vicioso withdraws from Giro: Team
SA girl (13) is international chess champion
Kuwait launches sport club for women
Archive
Latest Sport
ASA provinces call for meeting
US beats Russia 8-3 at Hockey Worlds
Nadal survives Gulbis test as top seeds cruise
Aussie bowler Tait angry over spot fix claims
Cheetahs are under pressure: Drotske
Celtic aim to end with rare away win
Bradley opening 60 at Nelson with 2 bogeys
New cross-country trail
Nadal hopes to shut down chatter over his dodgy knees by Bill Scott, DPA
Bayern to screen Euro final in Munich arena
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 33 and 45.
I'm a 38 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms