George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Splinternuwe basis vir Outeniqua boere
14:00 (GMT+2), Thu, 12 July 2012
Splinternuwe basis vir Outeniqua boere
Die brand het die John Steyl-saal se mure tot so ‘n mate beskadig dat die hele gebou gesloop en van die grond af herbou moes word.
GEORGE NUUS - Die Outeniqualand Boere-vereniging het op 6 Augustus verlede jaar hul 80ste bestaansjaar met 'n gesellige manne-ontbyt in hul eie klubhuis by Geelhoutboom gevier en twee weke later moes hulle toesien hoe die saal deur vlamme verswelg word.

Maar hierdie week is die splinternuwe saal feestelik in gebruik te neem.

Die uitbetaling van die versekering was nie naastenby genoeg om die fasiliteit te herbou nie, maar die lede het skouer aan die wiel gesit en deur middel van fondsinsamelings en hulp van borge 'n moderne en heelwat meer verbruikersvriendelike saal opgerig. Nou spog hulle met een van die beste fasiliteite wat enige boerevereniging kan begeer.

Behalwe die vereniging het die VLV Outeniqualand ook 'n tuiste in die saal gevind. Hulle het reeds breekgoed en kombuisgereeldskap aangeskaf en is gereed om funksies van tot 100 mense te huisves.

Tydens die ingebruikneming het die voorsitter van die vereniging, Bossie Terblanche, veral die borge lof toegeswaai vir die wyse waarop hulle hand in die sak gesteek en die fondsinsameling gesteun het. "Ons wil almal wat 'n bydrae gemaak het hartlik bedank en hoop hulle gaan ook eienaarskap neem van die pragtige fasiliteit wat 'n grootse spanpoging was."


Die splinternuwe saal wat uit die as herrys het.

ARTIKEL: JANNIE MEYER, GEORGE HERALD-JOERNALIS

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
Mans gevonnis vir versperring van pad
'n Veld so wyd soos die natuur!
Boere skep nuwe interrasveiling
SACAU elects new board of directors
Vertonings van 'Klaas se Plaas'
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Bursaries available for vets
Archive
Latest News
Family on the street
Northern Cape to swear in new premier
Traditional checks on agents no longer valid
Opvolg: DA wen tussenverkiesing
20 killed in 2 simultaneous car bombs in Niger
Chechen killed by FBI in Boston probe 'not violent': Father
Marikana mob justice case postponed
Mans gevonnis vir versperring van pad
Stockholm youth riots spread to Southern suburbs
Zuma warns on mining unrest
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 51 year old man looking to meet women between the ages of 38 and 48.
I'm a 38 year old man looking to meet women between the ages of 28 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms