George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Lughawepad in 2013 opgeknap
10:00 (GMT+2), Fri, 06 July 2012
Lughawepad in 2013 opgeknap
Die kruising van die R404 en die R102 by die George-lughawe het al verskeie noodlottige ongelukke tot gevolg gehad soos hierdie een verlede jaar toe ‘n onderwyser van George dood is. Die R404 word aanstaande jaar deeglik opgeknap. Foto: Hannes Visser
GEORGE NUUS - Die R404 pad tussen die Outeniquapas en die George-lughawe wat deur Blanco en verby Fancourt loop, gaan vroeg volgende jaar opgeknap word.

Besoekers en inwoners kla al jare oor die toestand van die pad met al die slaggate en wat ook baie smal is. Die werk sou aanvanklik hierdie jaar in Mei begin het, is toe uitgestel tot Oktober maar vanweë finansiële komplikasies sal dit nou waarskynlik volgende jaar in Maart begin.

Die kontrak is toegestaan aan SNA Civil & Structural Engineers en sal werk voorsien aan sowat 200 mense vir 'n tydperk van 18 maande. "Dis ons beleid om soveel werk moontlik aan plaaslike arbeiders te gee," het mnr. Theuns Lewis, inwoner van De Rust en resident-ingenieur van SNA gesê.

"Ons behou uit die aard van die saak ons sleutelpersoneel, maar sal plaaslike mense gebruik vir betonwerk, draad span, ensovoorts en sal ook voortdurend opleiding verskaf aan algemene handlangers wat weer dié ondervinding kan gebruik in die toekoms."

Hy verduidelik dat werk aan die pad redelik arbeidintensief sal wees aangesien twee brûe gebou moet word en by die vierrigtingstop in Blanco voorsiening gemaak moet word vir addisionele teenmiddels om die gedurige wegspoel van die pad te voorkom.

Die huidige pad se belyning is ook baie laag vir 'n gebied met 'n redelike hoë reënval, wat veroorsaak dat reënwater maklik na die pad vloei. Deel van die opknapping sal die verhoging van die pad se belyning insluit. Daar word ook beplan om die pad te verbreed.

"Padveiligheid is 'n voorvereiste vir enige konstruksie en ons sal ons huiswerk deeglik moet doen om die pad se verkeer so normaal as moontlik te laat vloei." het hy bygevoeg.

SNA Civil & Structural Engineers het grootskaalse opknapwerk aan die N1 gedoen en is tans besig met rehabilitasiewerk aan die N10 tussen Tarkabrug en Cradock, waar hulle ook die bestaande padplaveisel versterk en die kroonlaag herwerk en versterk.

Die lughawepad is gereeld in die nuus as gevolg van ernstige ongelukke by die kruising van die R404 en die R102 wat George met Groot-Brakrivier verbind. Robin Carlisle, Wes-Kaapse minister van vervoer, het na 'n aantal ernstige ongelukke verlede jaar gelas dat bykomstige padtekens en nuwe strepe by die kruising aangebring word.

ARTIKEL: LEON NELL
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 48 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 45.
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms