|
|
Terugslag tref volstruisbedryf
12:00 (GMT+2), Thu, 05 July 2012
|
|
|
|
|
|
|
(Generiese foto)
|
SUID-KAAP NUUS - Die volstruisbedryf in die Suid-Kaap het vroeër die week 'n geweldige terugslag beleef toe die H5N2-virus op plase in die Hessequa-distrik gevind is. Dit volg enkele weke nadat daar berig is dat daar weer hoop is vir die volstruisbedryf en dat boere wat wil voortgaan met volstruisboerdery moet herregistreer.
'n Algehele verbod is geplaas op die vervoer van volstruise en volstruis-produkte vanaf die Breederivier by Swellendam tot by Groot-Brakrivier, insluitende Hessequa waar verskeie plase onder kwarantyn geplaas is, berig Louise Mouton van die George Herald se susterskoerant, Suid-Kaap Forum.
"Die verbod is sedert 20 Junie van toepassing," het dr. Gininda Msiza, hoofdirekteur van Veeartsenykundige Dienste in die Wes-Kaapse Departement van landbou Dinsdag gesê.
"Dit is onmoontlik om te sê hoe lank die verbod sal voortduur. Dit sal bepaal word deur die aantal plase wat besmet is."
Die virus is tydens standaardtoetse op twee plase in die Heidelberggebied en een plaas naby Albertinia gevind.
Volgens Msiza sal sowat 8500 volstruise in die gebied uitgeslag moet word.
"Dit is die eerste keer dat die beweging van volstruise suid van die Outeniquaberge verbied word," het Francois de Wet, besturende direkteur van Mosstrich gesê.
Fred Opperman van die Agri Eden-kantoor in Riversdal het gesê meer as 5000 volstruise by Hopkins Boer-dery, en nog sowat 1800 volstruise by PS Uys Boerdery van Sandfontein moet uitgeslag word.
De Wet het bevestig dat meer as 500 volstruise op Outeniquadrif by Coopers tussen Albertinia en Mosselbaai verlede week uitgeslag is.
Provinsiale minister van landbou Gerrit van Rensburg het die nuutste ramp as "`n ongelooflike terugslag vir die bedryf" beskryf. "Alles moontlik word tans gedoen om die situasie te beredder," het hy gesê. "Ons vra volstruisprodusente om hul volle samewerking te verleen aan amptenare wie se taak dit is om die situasie te bestuur. Ons moet in hier-die moeilike tye saamwerk en veg vir die voortbestaan van ons volstruisbedryf."
ARTIKEL: TISHA STEYN
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Agri Focus
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 60 year old man looking to meet women between the ages of 38 and 54.
I'm a 58 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 55.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 42 and 54.
I'm a 35 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
|
|
|
|
|
|
|