George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Praktiese beleggingsadvies
14:47 (GMT+2), Wed, 27 June 2012
LEEFSTYL NUUS - Ons het verlede week begin kyk na verdere studiemateriaal oor aandelebelegging en bespreek hierdie week in ons voorlaaste beleggingsadviesbydrae vervolgens enkele oorblywende bronne wat baie rigtinggewend kan wees.

Ingeval u miskien begin dink dat die belangrikheid van verdere leeswerk vir suksesvolle aandelebeleggings dalk oorbeklemtoon word, haal ek weereens Warren Buffet, superryk aandelebelegger aan: "Read everything you can. I don't think there is anything like reading.'' En by 'n ander geleentheid: "Some men read Playboy. I read annual reports.''
Tussentydse- en jaarverslae van maatskappye

Warren Buffet bestudeer hierdie verslae om maatskappye met 'n volhoubare mededingende voordeel te identifiseer en sodoende tot die derde rykste persoon ter wêreld te vorder. Hy selekteer hierdie maatskappye deur nou-keurige ondersoek van veral hulle inkomste-, kontantvloei- en balansstate oor verskeie jare

. Die boek Warren Buffet and the interpretation of financial statements geskryf deur sy gewese skoondogter Mary Buffet en David Clark word in hierdie verband baie sterk aanbeveel.

SA Reserwebank se monetêre beleidskomitee

Die Reserwebank is onder andere verantwoordelik vir die versekering en behoud van prysstabiliteit in belang van gebalanseerde en volhoubare ekonomiese groei in Suid-Afrika. Dié bank se monetêre beleidskomitee,wat amptelik elke twee maande vergader, het die verantwoordelikheid om met die bestuur van die rentekoerse die inflasiekoers binne perke van die inflasieteikens (tans tussen 4 en 6%) te reguleer en sodoende ordelike ekonomiese groei te bevorder. Om hierdie taak suksesvol te behartig is dit noodsaaklik dat die komitee voortdurend op die hoogte bly met plaaslike sowel as wêreldwye gebeure en neigings op alle gebiede wat ekonomiese groei kan beïnvloed.

Die gevolgtrekkings en besluite wat tydens hierdie vergaderings gemaak word, word aan die einde breedvoerig deur die goewerneur uiteengesit wat regstreeks gebeeldsend word en so spoedig moontlik daarna op die bank se webwerf (www.reservebank.co.za ) geplaas. Gesien in die lig van die enorme invloed wat die groot ekonomieë van die wêreld op Suid-Afrika het en die groot rol wat rentekoersneigings in aandeelgedrag speel word bestudering van uitsprake en besluite deur hierdie komitee noodsaaklik geag vir enige ernstige belegger.

Wat doen die fondsbestuurders van effektetrusts

Aan die einde van die eerste kwartaal van 2012 het die totale fondse wat in Suid Afrikaanse effektetrusts belê is meer as 'n R1000 biljoen beloop.

Alhoewel bestuurders van hierdie fondse nie altyd reg is met hulle keuses van aandele nie, het hulle 'n groot invloed op die bewe-ging in aandeelpryse bloot eenvoudig ook deur die enorme hoeveelhede waarin hulle koop en verkoop.

Dit is dan ook interessant om die aandele waarin hulle in hulle verskeie portefeuljes volumes verhoog en verlaag het, dop te hou en te ondersoek, wat kan help om die bewegings in spesifieke aandele en onderliggende neigings in die verskillende marksektore, beter te verstaan. Besonderhede omtrent hulle portefeuljes word elke kwartaal bekend gemaak en kan gevind word op www.moneyweb.co.za deur 'tools' te klik.

Volgende week sal ons met 'n paar slotopmerkings aangaande beleggings in die algemeen en meer spesifiek omtrent aandele in besonder, hierdie reeks besprekings vir die oomblik afsluit.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Lifestyle News
Handtoffels vir bejaardes
Breast cancer: 10 minutes can save your life
Healthy made easy
The bullying factor
Improve knee stability
Almal betrek by Pacaltsdorp se fees
Pensioners save their families billions
What to do in your garden in May!
The four seasons of asthma
Are generics a good option?
Archive
Latest News
Voting kicks of with special votes
Man hangs dogs from tree
Ford's eWheelDrive has designs on the urban car of the future
Moore tornado a rarity: Experts
SARS-like victim dies in Tunisia
Northwest miners wounded
Carl Pistorius elated about acquittal
11 rhinos poached in KZN
Malawi sells president's jet
Opvolg: Waterval-rowers gearresteer
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 31 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 49 year old man looking to meet women between the ages of 36 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms