|
|
Het jy vrae oor outisme?
05:00 (GMT+2), Thu, 28 June 2012
|
|
|
LEEFSTYL NUUS - Voel jy asof jou kind in 'n ander wêreld is? Vermy hulle aanraking of drukkies? Verkies hulle om alleen te speel of vind hulle interaksie met ander mense moeilik?
Outisme Spektrum Versteurings (OSV) is 'n groep genetiese toestande wat abnormale breinontwikkeling en -funksie veroorsaak.
Baie navorsing word tans gedoen om uit te vind wat die oorsaak van outisme is, maar daar is tot dusver geen duidelike antwoorde nie.
Daar word egter saamgestem dat ou-tisme nie enigiemand se skuld is nie. Dit is nie as gevolg van swak ouerskap nie en kinders met OSV wangedra hulself nie uit hul eie keuse nie. Wangedrag is dikwels bloot 'n reaksie teenoor die omge-
wing en gee uitdrukking aan die pro-bleme wat hulle ervaar (www.autismsouthafrica.org).
Hier volg 'n paar algemene eienskappe:
Min bewustheid van ander; die ontwikkeling van spraak en taal mag afwykend, afwesig of stadig wees; baie min reaksie op gesproke taal en tree soms op asof hy/sy doof is; veranderings in roetine of omgewing kan 'n persoon ontstel; geen werklike vrees vir gevaar nie; jaag aktiwiteite op 'n herhalende manier na en kan nie deur voorstelle van verandering beïnvloed word nie; onbelangstellend of afsydig teenoor aanraking, drukkies of liefkosing; vertonings van erge benoudheid of woedeaanvalle vir geen opsigtelike rede; onvanpaste gehegtheid aan voorwerpe; vind interaksie met mense moeilik en maak geen of min oog kontak; aanhoudend te peuter aan voorwerpe, om voorwerpe te laat tol, om teksture te voel, of om voorwerpe in rye of patrone te rangskik; spesiale belangstellings wat in obsessies kan verander; oorsensitief vir sekere teksture, klanke en ligte; selfbeserende gedrag soos kop stamp, krap of byt.
Eenvoudig gestel, is daar drie hoof-tipes OSV:
1. Asperger sindroom: Mense wat deur OSV geaffekteer is kan oor normale of bo-gemiddelde verstandelike vermoëns beskik, met byna normale spraakontwikkeling. Ongeveer 25% van mense met OSV het Asperger Sindroom.
2. Klassieke/ Kanner outisme: Dit is wanneer OSV met verstandelike gestremdheid en/of leerprobleme gepaardgaan en sluit ongeveer 75% van die mense met OSV in.
3. Savant vorm van outisme: Ongeveer 5% van mense met OSV het hierdie vorm van outisme.
Hierdie groep kan beskryf word as individue wat oor byna 'bo-menslike' vermoëns in een area beskik, tesame met ernstige gebreke in ander areas.
'n Groep ouers het besluit om meer inligting te gee in verband met Outisme Spektrum, soos verskaf deur Outisme Suid Afrika.
Indien u kind van die algemene eienskappe toon kontak gerus vir Yolandi Botha op 083 722 4744 of Charlene Barnard op 084 291 7951. Hulle is tans besig met 'n opname vir die departement van onderwys.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Lifestyle
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 46 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 37 and 55.
I'm a 29 year old woman looking to meet men between the ages of 30 and 35.
I'm a 30 year old woman looking to meet men between the ages of 33 and 45.
|
|
|
|
|
|
|