|
|
Verskeidenheid by vanjaar se skou
09:30 (GMT+2), Wed, 27 June 2012
|
|
|
|
|
|
|
Gerrie Pretorius
|
SUID-KAAP NUUS - Die Suid-Afrikaanse Boerboelvereniging se jaarlikse kampioenskappe en boerboelkeuring vind by vanjaar se George Herald Landbouskou plaas. Dit word op Saterdag 18 Augustus gehou.
Die skou duur van 16 tot 18 Augustus en 'n vol program met 'n heerlike variasie word opgedis, van 'n indrukwekkende Harley-Davidson-uitstalling, asemrowende gevegskunsvertonings, houtwerkdemonstrasies en kosproe tot die pronkdiere van ons boere, blommerangskikkingdemonstrasies, kuns en van die land se voorste vermaaklikheidskunstenaars.
Die Harleys sal vir toetsritte geneem kan word of skougangers sal sommer net op een kan sit om die gevoel op die rug van so 'n lieflike fiets te ervaar. Die Scorpion Martial Arts Academy beloof om mense te beïndruk met verskeie demonstrasies. Hulle sal vir die volle drie dae teenwoordig wees met 'n uitstalling en hulle bied ook 'n toernooi op die skouterrein aan in samewerking met ander klubs van oor die hele Wes-Kaap.
Landbou sterk vanjaar
Landbou is weer sterk terug vanjaar. 'n Belangrike geleentheid is die klubskou van die OP-saalperdunie waartydens hul ruiterkunsproewe plaasvind vir die kies van 'n OP-saalperdspan, kykstof so na die hart van elke perdeliefhebber.
Vleisbeeste maak ook 'n terugkeer tot die landbouskou en die kroning van die Opperste Kampioenvleisbees is 'n hoogtepunt op die program. Die Jerseykampioenskappe word ook aangebied.
'n Besoek aan die Pluimveeafdeling waar interessante spoghoendertjies en parmantige hane gaan pronk is gewoonlik veral vir stadsjapies 'n aardigheid om te sien. Die duiweboere kom ook spog met hul duiwe in hierdie afdeling.
Benewens die landbou-uitstallings, gaan besoekers aan die industriële en besigheidsafdeling kan kennis maak met 'n verskeidenheid ondernemings wat hulle produkte en dienste kom bekendstel. 'n Binnenshuise kunsmark deur die Pink Tree Market sal bietjie kos vir die siel bied.
Nog 'n nuutjie is die George-houtwerkgilde wat in samewerking met ander gildes in die omgewing 'n driedaguitstalling en leersame demonstrasies sal aanbied.
Besonderse interessante uitstallings word verwag van uitstallers wat van sover as Kaapstad, Port Elizabeth en Pretoria kom.
Vir smulpape sal daar oorgenoeg kos- en proestalletjies wees. Kom proe aan fudge, fynproewersjokolade en -nougat, port, hopsbier, wyn, aarbeie en vele meer.
Vroue kan uitsien na demonstrasies en uitstallings van blommerangskikking, koekversiering, kwilt- en borduurwerk.
'n Reisende planetarium sal vir die eerste keer in George 'n draai maak . Besoekers kan die hemelruim en sterre vanuit die planetarium van ses meter hoog en met 'n oppervlak van ongeveer 100m² besigtig.
'n Mallemeule, restaurant en teetuin, biertent met grootskermtelevisie en kompetisies sal sorg vir deurlopende vermaak.
Kunstenaars wat vanjaar beloof om skares te lok, is Snotkop, Gerrie Pretorius en Sorina die Flooze. Lollos gaan die kinders kom vermaak.
Toegang is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders en sluit die vermaak in die vermaaktent in.
Die George Herald is skouborg.
Besoek www.georgelandbouskou.com of bel die president, Gert Pretorius by 082 852 3879 vir meer inligting.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 37 year old man looking to meet women between the ages of 20 and 45.
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 49 and 55.
I'm a 22 year old woman looking to meet men between the ages of 23 and 30.
I'm a 30 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 40.
|
|
|
|
|
|
|