|
|
Koop so eiendom van die plan af
13:25 (GMT+2), Tue, 26 June 2012
|
|
|
|
|
|
|
Tref die nodige voorsorgmaatreëls en doen jou huiswerk voordat jy eiendom van die plan af koop. (coolmodernhouseplans.com)
|
EIENDOMSNUUS - Met die afname in huise wat in bekostigbare prysklasse te koop is, begin nuwe ontwikkelings weer aftrek kry, veral onder eerste huiskopers.
Daar is heelwat voordele verbonde aan die koop van 'n huis van die plan af. Dit sluit ondermeer in:
• Jy kan die prys van die huis teen heersende koerse vasstel, 'n belangrike oorweging aangesien boukoste vinniger as inflasie styg.
• Gewoonlik is slegs 'n klein deposito nodig om die huis te reserveer en dit bring mee dat jy die kontant wat jy spaar kan benut om oordragkoste te betaal of om die kapitale deel van die huislening te verminder, en dit sal weer die maandelikse paaiement verlaag.
• Dit mag makliker wees om 'n huislening te bekom indien die ontwikkeling deur een of meer banke goedgekeur is. Party ontwikkelaars is selfs bereid om verbandregistrasie- en oordragkoste te betaal.
• Jy kan dikwels die vloerplan en gewoonlik afwerkings na jou smaak verander sodat jy betaal vir presies wat jy wil hê.
• Jy gaan waarskynlik die eerste paar jaar hope geld aan onderhoud van die eiendom bespaar. Waarborge vir nuwe huise se fondasies, struktuur en dak word ook verskaf.
Voorsorgmaatreëls as jy van die plan af koop:
Aida National Franchises se bedryfsbestuurder, Ester Odendaal, sê daar is 'n paar voorsorgmaatreëls wat jy in ge-
dagte moet hou as jy eiendom van die plan af wil koop.
• Kopers moet byvoorbeeld slegs eiendom koop by betroubare ontwikkelaars wat daarvoor bekend is dat projekte betyds afgehandel word en dat hulle vakmanskap van hoë gehalte lewer.
• Hulle behoort slegs sake met bemarkingsagente van 'n gevestigde en betroubare eiendoms-agentskap te doen.
• Seker maak dat enige deposito wat hulle betaal in die trustrekening van 'n prokureur of geregistreerde eiendomsagent inbetaal gaan word. Dit is baie maklik vir 'n skelm ontwikkelaar om glansbrosjures te gebruik om goedgelowige kopers te oortuig om hul deposito's te betaal voordat hy met al die geld verdwyn.
• Kopers behoort ook te besluit presies wat hulle wil hê en moet seker maak dat die verkoopsoor-eenkoms dit in fyn besonderhede uitstippel sodat hulle nie met onverwagte uitgawes vir 'veranderings' verras word wanneer die gebou voltooi is en hulle die huis wil betrek nie.
• Laastens moet hulle seker maak dat die bouer slegs volgens prestasie betaal word. As hulle byvoorbeeld 'n boulening bekom sal die bank slegs bedrae op sekere vooraf bepaalde stadiums van die projek aan die bouer betaal, met die laaste som betaalbaar na voltooiing en inspeksie van die struktuur.
Uitgereik deur Aida National Franchises.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Southern Cape Property
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 34 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 35.
I'm a 41 year old man looking to meet women between the ages of 33 and 43.
I'm a 29 year old woman looking to meet men between the ages of 29 and 37.
I'm a 35 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
|
|
|
|
|
|
|