|
|
Absa KKNK soek voorstelle vir 2013
08:07 (GMT+2), Tue, 26 June 2012
|
|
|
SUID-KAAP NUUSFLITS - Die aansoekproses vir die Absa KKNK 2013 is oop en die Absa KKNK nooi alle produksiehuise, kunstenaars en ander kunste-praktisyns om produksie-voorstelle in te dien vir die 19de Absa KKNK, wat van 29 Maart tot 6 April 2013 op Oudtshoorn aangebied word.
Die sluitingsdatum is 31 Julie 2012 en aansoekvorms is op die Absa KKNK se webtuiste beskikbaar, www.absakknk.co.za, of per e-pos by program@kknk.co.za, of 044 2038600.
Vanjaar se proses sluit verskeie nuutjies in, sê programbestuurder Theo Kemp. "Een van die nuwe projekte wat ons aanpak is om 'n produksie te vervaardig, wat in werkswinkel-formaat, inwoners van Groter Oudtshoorn betrek deur saam met professionele kunstenaars op te tree en deel te wees van die vervaardigingsproses.
"Hier is geen beperkinge ten opsigte van die genre nie; die produksie hoef daarom nie 'n tradisionele teaterstuk te wees nie, maar moontlik ook 'n vermenging van toneel, musiek, visuele kunste en dans," sê Kemp.
Die Absa KKNK wil graag teatermakers aanmoedig om vorendag te kom met teaterstukke wat op die jeugmark gefokus is.
"Hierdie mark is 'n prioritiet-fokusgroep van die fees waarvoor ons graag opwindende en vermaaklike teater wil aanbied. Alhoewel ons hier verwys na 'teater', kan dit natuurlik ook 'n vermenging van kunssoorte insluit - byvoorbeeld musiekteater en/of met elemente van dansteater", sê Kemp.
Verder is die Absa KKNK ook op soek na verskeie kurators. "In die eerste plek soek ons 'n Klassieke Musiek-kurator wat die klassieke musiekkomponent van beide die Absa KKNK en die Klein Karoo Klassique (wat jaarliks in Augustus op Oudtshoorn aangebied word) kan saamstel. Die program vir klassieke musiek op die Absa KKNK is kleiner in omvang as die Klein Karoo Klassique, maar beide programme moet 'n goeie balans handhaaf tussen hoofstroom-aanbiedinge en uitvoerings vir die fyn­proewer," sê Kemp. Ander kurators wat benodig word is vir straatkuns en kinderteater.
Meer besonderhede en riglyne is beskikbaar by www.absakknk.co.za.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 30 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 47 year old man looking to meet women between the ages of 24 and 50.
I'm a 42 year old woman looking to meet men between the ages of 35 and 45.
I'm a 23 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 35.
|
|
|
|
|
|
|