|
|
Winterbasaar weer hier
11:15 (GMT+2), Fri, 22 June 2012
|
|
|
TUINROETE NUUS - NG Outeniqualand hou weer hul jaarlikse Winterbasaar op 30 Junie vanaf 09:30 op die kerkterrein by Sinksabrug.
Soos in die verlede, sal die fokus weereens wees op goeie gehalte vlies teen bekostigbare pryse.
Die vee wat vir die basaar geslag word, word spesiaal versorg en gevoer op boere in die gemeente se plase en vanjaar is die vee in 'n baie goeie kondisie. 'n Vleiskompetisie word aangebeid, waarvolgens die houer van die wenkaartjie sy totale vleisaankope gratis ontvang.
'n Gholfkompetisie met goeie pryse sal ook vir 'n bietjie ekstra opwinding sorg.
Vars plaasgroente word teen baie billike pryse te koop aangebied en interessante items by die witolifant-tafel wag om nuwe base te kry.
'n Plaasontbyt w
ord deurlopend bedien. Ligte etes en versnaperings soos kerrie en rys, sosaties, worsbroodjies ('hot dogs'), vetkoeke, pannekoeke, roosterkoeke, potjiekos, sop en brood en 'n visbraai is ook beskikbaar. Soos altyd sal daar gebak, poedings en lekker koffie en tee wees. Vir die kinders is daar 'n springkasteel en 'n tombola.
Vir enige navrae skakel ds Japie Beyers by 082 787 7843 of vir Henk Vosloo by 083 252 6676.
Aanwysings na die terrien: Volg die R102 tussen George en Groot Brakrivier, draai af by Sinksabrug, links by die T-aansluiting en kyk uit vir die kerkterrein ongeveer 600m verder.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Entertainment
News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 40 and 50.
I'm a 63 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 58.
I'm a 41 year old woman looking to meet men between the ages of 37 and 45.
I'm a 22 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 30.
|
|
|
|
|
|
|