|
|
Arende klop WP-kampioenspan
13:00 (GMT+2), Thu, 21 June 2012
|
|
|
SUID-KAAP NUUS - Die onbetwiste hoogtepunt van die SWD Arende se suksesvolle spanboutoer deur die streek was die oorwinning van 29-28 oor die WP se Vodacombeker-kampioenspan.
Met hierdie oorwinning Saterdag op Dysselsdorp het die Arende tong uitgesteek vir die kampioene en gesê dat hulle aanstaande seisoen gaan poog om die bordjies te verhang.
Die uitslag van die opwarmingswedstryd voor die Curriebeker-seisoen, het ook getoon dat geen span op sy louere kan rus nie. Met die Arende wat gesukkel het in die Vodacombekerreeks het die WP-span houtgerus op die veld gedraf en geglo dat hulle in die kleedkamer reeds gewen het.
Toe die skok tot hulle deurdring dat hulle met 'n perd van 'n ander kleur te make het, was dit klaar te laat en die hoogs gemotiveerde Arende reeds in beheer.
Die WP het by tye hard probeer om beheer oor te neem, maar die tuisspan het hardnekkig teruggeveg en enduit verseg om bes te gee.
Vir die Arende het Clint Wagman, Alshaun Bock en Shaun Raubenheimer gaan druk terwyl Theuns Kotze met 'n doelskop en vier strafdoele geslaag het.
In die ander wedstryd van die toer het die Arende met 73-3 oor die Bitou XV gehardloop.
Alhoewel die telling wil weergee dat dit 'n maklike stryd was, was dit eintlik die Arende se voorbereiding en vasberadenheid om die mees moontlike voordeel uit die toer te trek, wat die wegholoorwinning verseker het.
Die Arende het in hierdie wedstryd elf keer agter die doellyn gaan kuier.
Puntemakers:
Drieë: Ilmar February, Alshaun Bock, Jeff Taljaard, Cecil Dumond, Mzo Dyantyi, Buron Parks, Daniel Roberts, Quinten Petzer (2) en Stokkies Hanekom (2).
Doelskoppe: Cecil Dumond (9).
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Rugby
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 50 and 63.
I'm a 30 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 40.
I'm a 30 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 40.
I'm a 20 year old woman looking to meet men between the ages of 21 and 25.
|
|
|
|
|
|
|