|
|
Drama in Eden-verhore
16:00 (GMT+2), Wed, 20 June 2012
|
|
|
GEORGE NUUSFLITS - Die vonke spat behoorlik oor dissiplinêre verhore en prosesse gevolg met skorsings binne die Eden-distriksmunisipaliteit.
Kort na die DA beheer oor die Eden-distriksraad geneem het is drie top amptenare op omstrede wyse geskors.
Kelvin Vollenhoven (bestuurder: kommunikasie) was eerste op die lys waarna Brian Blaauw (bestuurder: plaaslike ekonomiese ontwikkeling) en Mar-Eve Biljohn (toerisme, kuns en kultuur-ontwikkelingsbeampte) ook hul kantore in Oktober 2011 moes verlaat.
Ten tye van die skorsings het die Eden-distriksraad se ANC-hoofsweep, Piet van der Hoven dit as 'n heksejag teen ANC gesinde amptenare beskryf.
Wessie van der Westhuizen, Eden-burgemeester en Godfrey Louw, munisipale bestuurder, wou na die skorsings tydens 'n perskonferensie nie uitbrei oor die redes vir hulle skorsings nie. Van der Westhuizen het net gesê dat hulle met volle voordele hangende 'n departementele verhoor geskors is. Ten opsigte van Blaauw en Biljohn het Van der Westhuizen gesê die klagtes hou verband met beweerde finansiële ongerymdhede.
Na nege maande se trauma is Biljohn onskuldig bevind en kon sy weer op Maandag 11 Junie haar pos inneem.
Lees die volledige artikel in môre se George Herald, asook aanlyn.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
terence
says:
|
20/06/2012 20:09:04
|
|
Godfrey Louw het op daardie stadium nie geweet waarvoor skors hy hulle nie, hy was bloot net daarop uit om hulle weg te jaag! En Wessie groot gesug kan nie Louw teen gaan nie anders verloor Wessie sy werk. Ons weet mos almal dat Louw rapporteer direk aan Theuns Botha! Wessie het onlangs nog gehuil en Theuns gesmeek om hom nie te vervang met Lionel (donkielippe).
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 21 and 38.
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 45 and 63.
I'm a 36 year old woman looking to meet men between the ages of 18 and 100.
I'm a 18 year old woman looking to meet men between the ages of 19 and 27.
|
|
|
|
|
|
|