George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Opvolg: Vermeende pedofiel kry nie borg
04:00 (GMT+2), Thu, 21 June 2012
GEORGE NUUS - Die vermeende pedofiel (59) van Knysna wat teregstaan op 36 aanklagte van seksuele misdrywe teen kinders, is verlede Vrydag borgtog in die George-landdroshof geweier.

Landdros EP Yono het gesê daar bestaan onder andere 'n groot moontlikheid dat die beskuldigde kan vlug weens die staat se sterk saak teen hom, asook die lang vonnisse wat hy in die gesig staar, sou hy skuldig bevind word. Yono het ook genoem dat die kanse goed is dat hy weer soortgelyke misdrywe kan pleeg as hy vrygelaat word.

Dit is veral foto's van die verdagte waar hy van die misdrywe pleeg met 'n agtjarige meisie in Maart vanjaar wat die staat se saak teen hom versterk, het sy gesê. Die foto's is as bewyse ingehandig.

Die ouers van die jongste slagoffer was by verlede week se hofverrigtinge en het ná die tyd gesê hulle is uiters verlig dat hy nie borgtog toegestaan is nie.

"My kind was so getraumatiseerd deur die hele borgstorie. Sy wou die heeltyd weet wat van haar gaan word as hy uitkom. Sy het 'n paar aande haar bed natgemaak," het die meisietjie se ma gesê.

Die saak is tot volgende Vrydag 29 Junie uitgestel en sal later waarskynlik in die rondgaande hooggeregshof in George aangehoor word.

Adv. Evadné Kortjé verskyn vir die staat en mnr. Carl Jeppe van Plettenbergbaai vir die beskuldigde.

* The alleged paedophile (59) from Knysna who is being tried on 36 counts of sexual offences against children, was refused bail in the George court on Friday. Magistrate EP Yono said there exists a great possibility that the accused will flee because of the state's strong case against him.

ARTIKEL EN FOTO: LIZETTE DA SILVA, GEORGE HERALD-JOERNALIS

Lees 'n vorige artikel hier.

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
Family on the street
Northern Cape to swear in new premier
Traditional checks on agents no longer valid
Opvolg: DA wen tussenverkiesing
20 killed in 2 simultaneous car bombs in Niger
Chechen killed by FBI in Boston probe 'not violent': Father
Marikana mob justice case postponed
Mans gevonnis vir versperring van pad
Stockholm youth riots spread to Southern suburbs
Zuma warns on mining unrest
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 56 year old man looking to meet women between the ages of 35 and 54.
I'm a 64 year old man looking to meet women between the ages of 50 and 63.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms