George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Landloop in SWD op suksespad
10:16 (GMT+2), Fri, 15 June 2012
Landloop in SWD op suksespad
Johan Streurderst (DECTI) saam met Elsa de Villiers (Hartenbos Drawwers) en Zerila Vermeulen (Mosselbaai Harriers).
SUID-KAAP NUUS - Atletiek SWD het die afgelope twee jaar goeie landloop seisoene beleef, met verskeie puik vertonings in spanverband, sowel as individuele atlete.

Danksy die borg, Johan Streurderst van DECTI, kon Landloop SWD 'n span van 60 atlete na die SA kampioenskappe in Bloemfontein stuur. Dit was die grootste span nòg in die geskiedenis van Atletiek SWD en atlete so jonk as agt jaar kon op nasionale vlak aan die SA kampioenskappe deelneem.

Met DECTI as borg, is ses ligabyeenkomste geïdentifiseer, waar prysgeld en medaljes aan die eerste drie wenners van alle kategorieë, pette, deelnemersmedaljes, -sertifikate en aansporingsgeld aan skole en klubs gegee word.In samewerking met skole, het atletiek reeds die 2012 landloopseisoen betree en afrigters is reeds besig om atlete te slyp vir die WECASSO Inter-Provinsiale Kampioenskap in die Boland, die SASA & LSEN Nasionale Kampioenskap en die ASA Nasionale Kampioenskap in September in Durban.

In Mei het Atletiek SWD, in samewerking met plaaslike skole en klubs, 'n geslaagde landloop ligabyeenkoms in Beaufort-Wes gehou.

Joe Arendse, die voorsitter van die Landloop Kommissie, sê die byeenkoms was goed ondersteun deur ouers en atlete.

Atletiek SWD, in samewerking met SWD Skole, het Saterdag hul eerste SWD proewe op Mosselbaai gehou. Altesaam 473 klub- en skole atlete van regoor die SWD het deelgeneem.

Uitslae:

Vroue 4km:
1. Carina Muller (Hartenbos Drawwers) 18:16; 2. Zerila Vermeulen (Mosselbaai Harriers) 27:51; Heilani Streurderst (Hartenbos Drawwers, 1ste vrou 40-44) 16:48; Elsa de Villiers (Hartenbos Drawwers, 1ste vrou 50-54) 20:36, Solly Liebenberg (Mosselbaai Harriers, 1ste vrou 55-59) 20:52; Dina Frye (Hartenbos Drawwers, 2de vrou 55-59) 29:05.
Mans 8km: Mans 35-39: 1. Gurome Gelderbloem (Mosselbaai Harriers) 27:59; 2. Peter Berry (New Balance) 32:48; 3. Danie Otto (Hartenbos Drawwers) 38:23; Frikkie Elstadt (Hartenbos Drawwers 1ste man 45-49) 39:34.

Senior Mans 12km:
1. Gerswill Jacobs (Nedbank) 40:16; 2. Leon Viljoen 41:24; 3. Elfonso Pieterse (Nedbank) 45:04; 4. Jugene Maart (Mosselbaai Harriers) 47:30.

Uitslae van skole atlete is by SWD Skole Landloop beskikbaar.


Peter Berry (New Balance) en Gurome Gelderbloem (Mosselbaai Harriers) saam met Johan Streurderst (DECTI) en Danie Otto (Hartenbos Drawwers).


Die SWD-landloopspan wat verlede jaar aan die SA kampioenskappe deelgeneem het, was die grootste atletiekspan ooit wat ‘n nasionale byeenkoms bygewoon het.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Other News
Stuart O'Grady set to equal Tour de France appearance record
Police charge AFL star Stephen Milne with rape
High praise for 2013 Bridge Cape Pioneer Trek route
SA storm back into world top eight
Sors kicking up a storm
Magic Moppers voor in rolballiga
17 Hong Kong horses ready for banned drug
Head of Japan judo to stay on despitre scandals
SA look to wrap up series in style
Southern Cape underdogs ruffle feathers
Archive
Latest Sport
Elfonso bags Mall 2 Mast
ASWD selects team
Woods, McIlroy to play in Dubai in 2014
Miller, Kleinveldt rescue SA
Meyer changes three for Samoa clash
IAAF denies Schwazer doping cover-up
Fiji beat USA in Pacific Nations Cup
Stuart O'Grady set to equal Tour de France appearance record
SWD-tennisspan teen OP
North fitness lifts Lions for first test
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 35 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 37.
I'm a 34 year old man looking to meet women between the ages of 20 and 35.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms