|
|
Mouton skitter weer in Comrades
14:28 (GMT+2), Thu, 14 June 2012
|
|
|
|
|
|
|
Jacques Mouton wat vanjaar sy derde silwermedalje in die Comrades gebuit het.
|
GEORGE NUUS - Jacques Mouton van Outeniqua Harriers het 'n derde silwermedalje agtereenvolgens in die Comrades-marathon wat vanjaar vanaf Pietermaritzburg na Durban gehardloop is gebuit.
Hy het vanjaar besonder baie tyd ingesit en is beloon met 'n goeie tyd van 7:07:24. Hy was ook die eerste George-atleet wat die eindstreep oorgesteek het.
Onder die dames van Outeniqua Harriers het Suzaan Kruger puik gehardloop deur 'n Bill Rowen-medalje in te palm in 'n persoonlike beste van 08:28:46 te behaal. Sy was ook die derde beste presteerder onder die dames in die SWD.
Ander prestasies was Gareth Griffiths wat aan sy 20ste Comrades-marathon deelgeneem en heel skaflik die wedloop in 09:56: 00 voltooi het.
Johann Reinhardt (11:50:58) wat sy 23ste wedloop voltooi het, was slegs een van 'n handjie vol atlete wat 70 jaar en ouer is wat die wedloop kon voltooi.
Outeniqua Harriers se uitslae:
Israel Jacobs 10:26:58; Heinie de Jager 10:41:24; Julian Pretorius 10:56:48; Divan Pretorius 10:56:49; Mariaan Griffiths 11:02:50; Juanita Olivier 11:02:50; Danie van der Merwe 11:18:19; Lynette Chapman 11:21:32; Chris Swanepoel 11:37:33; Nicolaas Moolman 11:49:41; George Cherry 11:50:51.

Die broers Julian (links) en Divan Pretorius wat ook die Comrades voltooi het.

Jacques Mouton op pad na silwer in die moordende Comrades-marathon.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Athletics
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest Sport
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 45 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 45.
I'm a 39 year old man looking to meet women between the ages of 27 and 37.
I'm a 45 year old woman looking to meet men between the ages of 45 and 56.
I'm a 39 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 45.
|
|
|
|
|
|
|