George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
SWD Arende gaan op afrig-toer
10:30 (GMT+2), Thu, 14 June 2012
SUID-KAAP NUUS - Die SWD Arende vertrek hierdie week op 'n kondisioneringstoer na Bitou en Oudtshoorn as deel van hul finale voorbereidings voor die aanvang van die Curriebekerreeks op 29 Junie teen Grens.

"Ons vat die manne die week op toer na Knysna en Plettenbergbaai en daarna na Oudtshoorn sodat hulle mekaar beter kan leer ken en ons wil hê hulle moet as 'n eenheid terugkeer," het afrigter Johann Lerm gesê.

Die spelers het Dinsdagmiddag na Plettenbergbaai en Knysna vertrek. Daarna vertrek hulle Vrydag na Oudtshoorn vir twee vriendskaplike wedstryde en verskeie afrigtingsklinieke by skole.

Die SWD Arende vs Bitou XV speel Woensdag om 17:00 op die Piesangvallei-dorpsveld.

Die streekspan bestaan uit spelers uit die klubs Jaguars, Bitou, Excelsiors, Knysna United, Plett United en die Eagle Stars.

'n Vriendskaplike wedstryd tussen SWD Arende vs DHL WP vind Saterdag 16 Junie om 16:00 op Dysselsdorp Sportterrein plaas. Hierdie wedstryd is bedoel om te vergoed toe die WP tydens sy vorige besoek aan die SWD ter elfe ure die wedstryd vanaf Dysselsdorp na Oudtshoorn moes verskuif.

Die eerste afrigtingskliniek vind Dinsdag in Hornlee plaas. Hornlee Primêr, Sunridge Primêr, Thembalitsha Primêr, Rheenendal Primêr, Smutsville Primêr, Chris Nissen Primêr, Fraaisig Primêr, Percy Mdala Sekondêr en Knysna Senior Sekondêr gaan hieraan deelneem.

"Die klinieke is deel van ons uitreikprogram na die gemeenskap," het Lerm gesê. "Enersyds bring dit ons spelers en die gemeenskap bymekaar en gee hulle kans om hul rolmodelle te ontmoet. Andersyds gee dit die jong spelertjies kans om basiese rugbyvaardighede te ontwikkel."

Nog 'n afrigtingskliniek vind Donderdag op Plettenbergbaai en 'n derde afrigtingskliniek Vrydag op Dysselsdorp plaas.
Bitou-munisipaliteit borg die span se verblyf in die Castleton Hotel op Plettenbergbaai en in Oudtshoorn gaan die span in die Pearl Hotel tuis.

As finale voorbereiding speel die Arende Woensdag 20 Junie om 19:00 teen 'n SWD-amateurspan op Outeniquapark.

Die SWD Arende toergroep bestaan uit die voorspelers Layle Delo, Anton van der Westhuizen, Jean Rossouw, Grant Kemp, Schalk Jooste, Hans van Dyk, Wayne Khan, Giant Mtyanda, Grant Le Roux, Hein Potgieter, Lehan Koekemoer, Buran Parks, Dumisane Meslane, Wilhelm Koch en Michael Vermaak. Die agterspelers is Johan Herbst, Mzo Dyantyi, Cecil Dumond, Theuns Kotze, Stokkies Hanekom, Jeff Taljaard, Howard Noble, Baldwin Mcbean, Alshaun Bock, Clint Wagman, en Elric van Vuuren.

Klubspelers Xavior Scholtz (Progress), Danzel Manual (Groot-Brak), Quiten Petzer (George), Daniel Roberts (Blanco), en Ilmar February (Evergreens) is opgeroep vir die wedstryd wat op 13 Junie vs Bitou XV plaasvind.

Die Arende-spelers Dean Hopp, Shaun Raubenheimer en Kempies Rautenbach asook bestuurspan-lede Eddie Myners (hulpafrigter) en Innus Erasmus (fisioterapeut) is tans by die SA Barbarians en sluit eers Vrydag by die groep aan.
Lyndon Hartnick (skouer), Raoul Larson (enkel), Deroy Rhoode (knie) en Wentsley Scott (enkel) is op die krukkelys en kan nie die toer meemaak nie.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Rugby News
Cheetahs are under pressure: Drotske
Kontrakte aan vier by NMMU
Derby in Rosemoor gaan spanne toets
Stormers fined over Super Rugby misconduct
All Blacks training squad for France tests
Vermeulen, Elstadt out for 6 - 8 weeks
Bravo Lounge a welcome retreat for rugby fans
Wallabies warned of pay cuts amid falling revenues
Taai naweek vir klubrugby
George klop Maori's
Archive
Latest Sport
ASA provinces call for meeting
US beats Russia 8-3 at Hockey Worlds
Nadal survives Gulbis test as top seeds cruise
Aussie bowler Tait angry over spot fix claims
Cheetahs are under pressure: Drotske
Celtic aim to end with rare away win
Bradley opening 60 at Nelson with 2 bogeys
New cross-country trail
Nadal hopes to shut down chatter over his dodgy knees by Bill Scott, DPA
Bayern to screen Euro final in Munich arena
Sport Archive
Men
Women
Search
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 30.
I'm a 50 year old man looking to meet women between the ages of 42 and 48.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms