George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Gereed-om-te-eet volstruisvleise op EU-rakke
11:11 (GMT+2), Tue, 12 June 2012
AGRI NUUS - Klein-Karoo Internasionaal (KKI) is stelselmatig besig om weer `n indruk op die Europese vleismark te maak met gereed-om-te-eet volstruisvleisprodukte.

Grootmaat- en kleinhandelsverpakte filet en steak, word reeds sedert Mei-maand deur gesondheidsbewustes geniet.

Die gesonde, smaaklike rooivleis word reeds, volgens bestelling, na onder meer Duitsland, België en Frankryk uitgevoer. Die eerste supermark verpakkings is op 14 Mei gelewer.

KKI het besluit om hoofsaaklik volstruisvleis snitte gaar uit te voer. Dit volg weens die impak van die H5N2 virus sedert 11 April 2011 en die gevolglike uitgerekte uitvoerverbod op vars volstruisvleis produkte na die EU-lande.

Volgens Johan Stumpf, besturende direkteur van Klein Karoo, loop hul waardetoevoegingsaanleg in Oudtshoorn tans op volle kapasiteit. Die aanleg het 'n afsonderlike EU uitvoerregistrasie en word steeds aan EU-vereistes en -oudits onderwerp.

Stumpf verduidelik dat gaar volstruisvleis die risikos van 'n EU-uitvoerverbod weens die H5N2-irus heeltemal uitsluit.

"Dieregesondheidsrisikos maak egter die dringende aanpassings en registrasie van plase, volgens die volstruis uitvoer protokol se EU biosekuriteitsvereistes noodsaaklik."

Sedert aansoeke vir inspeksie met die oog op herregistrasie van uitvoerplase op 8 Mei heropen het, is aansoeke van produsente wat nou kans sien vir die biosekuriteitsproses drupsgewys ontvang.

Stumpf vertel dat die nuwe gereed-om-te-eet volstruis snitte 'n uitsonderlike premieproduk is en dit kan geensins as substandaard teenoor vars volstruisvleis beskou word nie.

"Die vraag na gaar vleisprodukte in Europa is baie groot. KKI werk deurentyd saam met van die beste Europese sjefs, wat die gereed-om-te eet vleisresepte deeglik in Europa toets."

Stumpf het ook verwys na 'n onlangse KKI-besoek aan Europa en daarop gewys dat die vraag na miljoene tonne voldoende, gesonde en veilige proteïne vandag vir geriefs- en gesondheidsredes verskuif het na 'n vraag na gaar vleis. "Weens beter bakteriebestuur en kleiner gesondheidsrisikos is Europeërs bereid om 'n premie vir gereed-om-te-eet vleis te betaal," het Stumpf bevestig.

"KKI het die Europese opsies intensief ondersoek en die hoeveelheid gaar volstruisvleis wat ons nou en in die toekoms kan bied, sal saam met onder meer gaar hoender en gaar eend uit onder meer Thailand, gemaklik in die mark opgeneem kan word."

Hy het die versekering gegee dat KKI se proses op dreef is en dat die mark vir toegevoegde waarde volstruisvleis van KKI spoedig ontwikkel sal word. Die vraag bly egter hoe lank dit sal neem om hierdie smaaklike produkte by soveel moontlike Europeërs uit te kry?

* Uitbreidings vir die aanleg in Oudtshoorn word in die vooruitsig gestel en direksiebesluite hieroor is reeds gefinaliseer. Lees gerus meer hieroor in hierdie uitgawe.

ARTIKEL: JAN GREYLING


Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Skerminkel says: 12/06/2012 12:29:16
Almal is natuurlik bly vir die industrie en die plaaslike ekonomie, maar KKI/KKK ignoreer na al die jare steeds die plaaslike gebruiker. Gereeld moet ons aanhoor hoe swaar die industrie kry omdat daar weer een of ander terugslag was van virusse/droogte/infeksie/arbeidsaksie. Dan word daar gekla dat die plaaslike mark nie die bedryf ondersteun nie. Sodra die mark weer swaai word ons weer die rug gekeer en alles word uitgevoer.
Dus, geagte KKI, sterkte, maar ons hou maar aan bees en skaap eet wanneer ons lus is vir 'n rooivleisie.

Please login at the top of the page.
More Agri Focus News
Mans gevonnis vir versperring van pad
'n Veld so wyd soos die natuur!
Boere skep nuwe interrasveiling
SACAU elects new board of directors
Vertonings van 'Klaas se Plaas'
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Onverskillige produsente gaan vervolg word
Boer ernstig beseer toe hy deur dak val
FAWU fined R500 000
Bursaries available for vets
Archive
Latest News
Family on the street
Northern Cape to swear in new premier
Traditional checks on agents no longer valid
Opvolg: DA wen tussenverkiesing
20 killed in 2 simultaneous car bombs in Niger
Chechen killed by FBI in Boston probe 'not violent': Father
Marikana mob justice case postponed
Mans gevonnis vir versperring van pad
Stockholm youth riots spread to Southern suburbs
Zuma warns on mining unrest
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 34.
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 21 and 48.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms