George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Praktiese beleggingsadvies: Bestudeer die maatskappy
10:46 (GMT+2), Mon, 11 June 2012
SAKE NUUS - Omdat 'n aandeelhouer nie so seker is van die opbrengs op sy kapitaal soos 'n renteverdiener nie, sal 'n aandelebelegger nie aandele koop sonder 'n taamlike goeie kans op 'n hoë opbrengs nie.

'n Aandeelhouer soek dus altyd vergoeding vir die risiko wat hy loop. Dit verg deeglike studie van die onderneming waarin hy of sy oorweeg om in te belê. Verlede week is die maatskappy se raad en direkteure beoordeel en die mededingers en die koste van toetrede tot die industrie is in oënskou geneem. Hier volg ander kritiese areas van 'n maatskappy wat bestudeer moet word voor jy daarin belê:

Markaandeel

Dit is soms moeiliker vir 'n klein maatskappy om teen 'n maatskappy met 'n dominante markaandeel mee te ding as gevolg van ekonomieë van skaal. Dit geld nie altyd dat 'n industrieleier egter dominant sal bly nie, maar om so 'n maatskappy aan te vat kan baie duur en riskant wees.

Unieke verkoopsvoordele
So kan dinge soos patentregte, besondere alleenagentskappe, langtermynkontrakte, ens. in sekere gevalle tot groot voordele in die mark strek.

Handelsmerke

Sterk handelsmerke weerspieël jare lange en duur produkontwikkeling en bemarking, maar hou groot voordele in en verhoog 'n maatskappy se waarde aansienlik. So ook versprei die besit van 'n reeks goeie handelsmerke die die risiko van 'n maatskappy aangesien die goeie prestasie van sommige kompenseer vir ander onderpresteerders.

Vergelyk die maatskappy met mededingers en selfs met soortgelyke maatskappye oorsee
'n Goeie bestuurspan asook 'n voornemende belegger moet ook beslis hierdie hulpmiddel gebruik om die prestasie van die maatskappy te meet. Maatstawwe soos kontantvloei, verdienste per aandeel, dividende, batewaarde, prys/verdienste verhouding, opbrengs op kapitaal, maatskappyskuld in verhouding tot aandeelhouerskapitaal, bedryfsmarges, ens. kan hier as nuttige maatstawwe gebruik word.

Kwaliteit van produkte en dienste en nismarkte waarin teenwoordig is en toegetree kan word

'n Beeld van hoogstaande kwaliteit in 'n bedryf en 'n reputasie daarvan onder die verbruikerspubliek is uiters waardevol en kan groter vraag, premiepryse asook groter markaandeel en derhalwe beter marges en winste meebring.

Buitelandse markte
Uitvoere beteken hoër volume-produksie, verlaagde eenheids- en oorhoofsekostes, groei in opbrengste en verdere moontlikhede vir groei en ontwikkeling en uitbreiding na ander lande ook wat oorsese vennootskappe en produksie tot gevolg kan hê.

Met hierdie kennis tot u beskikking behoort u 'n goeie begrip van die maatskappy waarin u belangstel te vorm en verder wil ondersoek ten opsigte van u persoonlike voorkeure en waarmee u gemaklik sal wees in 'n beleggingsportefeulje.

'n Volgende keer sal gekyk word na verdere leeswerk en bronne vir meer inligting omtrent sommige markkragte wat aandelepryse van tyd tot tyd beïnvloed, die reaksie daarop en bestuur daarvan en sekere leidrade vir prysbepaling by die aankoop van aandele vir langtermynbelegging, alhoewel laasgenoemde baie van indiwiduele persoonlikheid, natuurlike aanvoeling en voorkeure sal afhang en baie sal verbeter met tyd in die mark en persoonlike ondervinding daarin opgedoen.
Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
More Lifestyle News
Breast cancer: 10 minutes can save your life
Healthy made easy
The bullying factor
Improve knee stability
Almal betrek by Pacaltsdorp se fees
Pensioners save their families billions
What to do in your garden in May!
The four seasons of asthma
Are generics a good option?
Internasionale Gesinsdag
Archive
Latest News
Deadly tornado hits Oklahoma City suburb
Obama speaks to Italian prime minister
Gay minister to fight unfair dismissal
Vandalisme by Blanco-begraafplaas
Why landlords need professional letting agents
Western Cape shool shooting case postponed
Gunmen kill 2 men in Eastern Cape
More Johannesburg water pipes damaged
ANC considers fixed conference venue
2 tourists killed in Turkey hot-air balloon collision
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 33 year old man looking to meet women between the ages of 25 and 32.
I'm a 37 year old man looking to meet women between the ages of 26 and 38.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms