George Herald
George Herald
Translate to: 
Home News Sport Gallery Arts & Entertainment What’s On Classifieds Blogs Business Directory Contact
Winternoodplan op dreef
13:00 (GMT+2), Fri, 08 June 2012
GEORGE NUUS - Die George-munisipaliteit se winternoodplan is in plek indien enige rampe soos swaar reënval en stormwinde George sou tref.

Alhoewel geen erge skade aangemeld is tydens Dinsdagaand se swaar reënval nie, moes die departement siviele ingenieurswese as deel van die winternoodplan hulp verleen aan inwoners van twee huise, onderskeidelik in Maraiskamp en Blanco toe geringe waterskade daar aangerig is.

Die waarnemende hoof van gemeenskapsveiligheid, Barend Nelson het gesê geen verdere klagtes is ontvang nie.

Volgens Nelson dek die winternoodplan alle moontlike scenarios wat gedurende die winter mag ontstaan. Dit sluit in skade as gevolg van rukwinde, erge reën en onstuimige seë.

"As deel van die plan kan korttermyn huisvesting en voedsel aan slagoffers van rampe voorsien word. Elke direktoraat binne die munisipale bestuurstelsel het 'n plan in plek en eksterne instansies is ook rolspelers in die uitvoering daarvan."

ARTIKEL: CHRISTO VERMAAK, GEORGE HERALD-JOERNALIS

Email Send | Print Print |
Your Comments...
 
Be the first to comment on this story...

Please login at the top of the page.
Latest News
Louw verduidelik 'verdagte' uitbetaling
N2 claims another life
Online auction for child welfare
NMMU open days
Motor slaan aan die brand
M&G editor resigns
Veeboere leer hoe om roofdiere te beheer
Healthy made easy
Brition sentenced to 8 years for UK soldiers' death
Johannesburg man dies in hit-and-run
News Archive
Men
Women
Search
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 30 and 45.
I'm a 43 year old man looking to meet women between the ages of 23 and 45.
Home | Disclaimers | News | Sport | Gallery | Arts & Entertainment | What’s On | Blogs | RSS | Classifieds | Contact Us
Copyright © 2013 Group Editors Co PTY Ltd t/a George Herald
Twitter Facebook Digital Platforms