|
|
Sjokolade droom
10:30 (GMT+2), Thu, 07 June 2012
|
|
|
|
|
|
|
Pure dekadente lekkerte! Trudy King van die Suid-Kaap Fynproewersgilde deel haar koekresep.
|
LEEFSTYL NUUS - Trudy Smit, 'n lid van die Suid-Kaap Fynproewersgilde, is alombekend vir haar besonderse gebak. Sy het hierdie dekadente sjokoladekoek-resep gedeel - ideaal vir 'n gesellige winter-kuiertjie saam met spesiale vriende.
Bestanddele:
6 eiers
150g suiker
130g meel
30g kakao
30g botter (gesmelt)
2 teelepels rum
500g wit sjokolade
375ml room - liggies geklits
400g donker sjokolade
400ml room - liggies geklits
Metode:
Verhit oond tot 150°C. Klits die eiers en suiker tot dubbel die grootte. Sif die meel en kakao. Vou dit tesame met gesmelte botter in, in die eier- en suikermengsel.
Smeer 'n hoe 23cm ronde losboom-koekpan, gooi mengsel in en bak vir 25 minute. Verwyder uit oond en laat afkoel. Wanneer heeltemal afgekoel, gooi die rum oor.
Smelt die wit sjokolade en laat effens afkoel. Vou room in en gooi oor koek in pan. Verkoel vir drie ure.
Doen dieselfde met die donker sjokolade en room. Gooi oor wit sjokolade laag. Verkoel verkieslik oornag. Verwyder van pan en bedien met sjokolade skaafsels.
* Die Suid-Kaap Fynproewersgilde vergader weer op Donderdag, 7 Junie om 09:00 in die Mosselbaai stadsaal, met Jonel Ackerman van Farmfresh Direct en Annemarie le Roux as gassprekers. Vir navrae, skakel Judy Meyer by 084 600 6622.
|
|
|
|
|
|
|
|
Your Comments...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Be the first to comment on this story...
|
|
Please login at the top of the page.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
More
Lifestyle
News
|
|
|
|
|
|
|
|
Latest News
|
|
|
|
|
|
|
|
|
I'm a 55 year old man looking to meet women between the ages of 37 and 55.
I'm a 18 year old man looking to meet women between the ages of 18 and 20.
I'm a 41 year old woman looking to meet men between the ages of 38 and 50.
I'm a 30 year old woman looking to meet men between the ages of 25 and 35.
|
|
|
|
|
|
|