|
|
|
|
Teenwoordig was (heel voor) Nico Marais.Voor van links: Shane Balie, Nathan Heggie, Oscar Gebhuza, Mike Nqayi, Keano May en Clarence Maarman. Middel: Hannnes Botes, Rolina Lerm, Pottie Potgieter, Billy Kuyper (afrigter), Petrisna Lohr-Mietzner en Johnny Geel. Agter: Karl-Johann Ewert, JP Lohr-Mietzner, Hanlie Alberts en Roland Ewert.
|
SUID-KAAP NUUS - Junior-, senior- en veteraanpluimbalspelers van die Suid-Kaap het op Saterdag, 26 Mei saamgetrek by die De Jager Sportsentrum in Oudtshoorn vir gevorderde pluimbal-afrigting.
Die afrigting is aangebied deur Billy Kuyper, ‘n wel-bekende en respekteerde pluimbalspeler en -afrigter in Suid-Afrika.
Sy afrigting spreek van jare se ervaring en het oud en jonk met nuwe oë na die spel laat kyk.
Alle aspekte van die spel is aangeraak, van opwarming, tegniek in die uitvoer van verskillende houe, beweging op die baan, diens, plasing van houe, aanval en verdediging, en die opstel en uitvoer van ‘n wenpunt.
|